20 jaar gelede
Maandag 4 Maart 2002
- Die toekoms van Namibië se veelbesproke diamantmyn in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) hang aan ’n dun geweefde diplomatieke draadjie midde-in voortslepende onsekerheid wat alle bedrywighede by die Tsikapa-myn tot stilstand gebring het.
- Brittanje en Australië sal nie voldoende stemme onder Statebondlande kan werf om sanksies teen Zimbabwe te laat instel of die land uit die organisasie te skors nie.
- Verskeie voorstelle is vandeesweek in die Nasionale Vergadering (NV) gemaak vir maniere om geld te vind om staatspensioene te verhoog.
Dinsdag 5 Maart 2002
- Afrika-lede van die Statebond het die eerste rondte gewen teen lande soos Brittanje en Australië en daarin geslaag om te verhoed dat Zimbabwe uit dié organisasie geskors word.
- Weerlig het gisteroggend die lewe van die 21-jarige Matheas Hatzkin in ’n woonbuurt van Windhoek geëis toe hy in swaar weer met nat klere voor ’n oop venster gestaan het.
- Die Britse regering het sy ondersteuning en verstewiging van landbou- en landbouprojekte in die noordooste van Namibië met meer as N$31 miljoen uitgebrei.
Woensdag 6 Maart 2002
- Met net vier dae oor voor die waterskeiding presidentsverkiesing in Zimbabwe, het pres. Robert Mugabe hom met alle erns tot sy veldtog gewend en selfs by ondersteuners gespog dat hy op 78-jarige ouderdom in staat is om sy veel jonger opponent in die verkiesing met “een hou plat te slaan.”
- Vigs-sterftes suid van die Sahara het drasties in die laaste paar jaar afgeneem omdat mense meer ingelig is en derhalfde meer voorkomend optree.
- ’n Reënbui, gepaard met ’n haelstorm en sterk rukwinde, het Maandagaand minstens ses bome op Grootfontein ontwortel en geringe skade aan wonings aangerig.
Donderdag 7 Maart 2002
- Die Namibiese Polisie en in die besonder die Spesiale Veldmag is onder die vergrootglas in die Nasionale Vergadering (NV) met die Minister van Binnelandse Sake, mnr. Jerry Ekandjo, wat dringende vrae uit opposiegelede moet beantwoord.
- Skaars 48 uur voor Zimbabwiërs Saterdag en Sondag na die stembus opruk, het pres. Robert Mugabe vir oulaas in ’n omstrede stap ’n hooggeregshofbeslissing omseil deur eensydig omvattende verandering aan die land se kieswet aan te bring.
Vrydag 8 Maart 2002
- Wanneer die stembusse môre om 7:00 in Zimbabwe open, kom die land voor sy grootste demokratiese toets sedert onafhanklikwording in 1980 te staan.
- Amerika is gister skerp deur die Namibiese Regering gekritiseer en die land se jaarlikse verslag oor menseregtepraktyke wêreldwyd is as “van min of geen waarde” bestempel.
- Die voorlopige uitslae van die sensus wat verlede jaar in Augustus uitgevoer is, is gister in die Nasionale Vergadering (NV) deur die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, mev. Saara Kuugongelwa, bekend gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie