20 jaar gelede
Maandag 18 Maart 2002
- ’n Brandstof tekort dreig op Terracebaai met vloedwater in die Skedelkuspark se riviere wat die see noord van die Ugab-hek bereik het.
- Die koers vir grondbelasting soos dit deur die Regering voorgestel word, is vir die Namibiese Landbou-unie (NLU) aanvaarbaar aangesien voorbeelde daarvan op die produksie- en drakragvermoë van die grond gebaseer is.
- Die aankondiging van die Angolese regering dat Unita-leiers tot ’n skietstilstand ingestem het, is in omstredenheid gedompel ná buitelandse verteenwoordigers van die rebellebeweging dit as ’n bedrogspul afgemaak het.
Dinsdag 19 Maart 2002
- Belastingverligting in die komende begroting is die vae hoop waaraan duisende Namibiërs vasklou midde-in die tweede rentekoersverhoging vanjaar met aanduidinge dat nog opwaartse aanpassings in 2002 verwag kan word.
- Hulpbronne in die onderwyssektor is skaars. Die Regering, gemeenskappe en ouers moet dus saamstaan en beskikbare hulpbronne meer doeltreffend gebruik.
- Die misbruik van mediese fondse deur sommige geneeshere en vertragings met die betaling van eise, is van die grootste probleme wat verlede week deur betrokkenes in die bedryf opgehaal is.
Woensdag 20 Maart 2002
- Die atmosfeer van vrede en stabiliteit wat in Namibië heers met die 12de onafhanklikheidsvieringe, dui op ’n blink toekoms vir alle Namibiërs.
- Die Statebond het gisteraand besluit om Zimbabwe vir een jaar uit die organisasie te skors.
- Goeie nuus vir die verskaffers van karakoelwol is dat ’n rekordprys van N$62,00 per kilogram vir wit wol op Agra se jongste veiling van spesiale soorte karakoelwol behaal is.
Donderdag 21 Maart 2002
- Onafhanklikheidsdag
Vrydag 22 Maart 2002
- ’n Man van Khorixas is tot 50 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis weens die afskuwelike moord, verkragting en onsedelike aanranding van ’n 12-jarige meisie van dieselfde dorp.
- Twaalf jaar is ’n relatiewe kort tydperk in die politieke en geskiedkundige lewe van ’n volk. Vir diegene wat swaar kry en hulp dringend nodig het, is dit egter ’n lang tyd.
- Die hele onderstel van een van die twee vliegtuie wat in 1997 in die lug oor die see teenoor die Kunene-monding gebots het, is deur ’n vissersboot, die Ocean Wave, in die Walvisbaaise hawe afgelaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie