20 jaar gelede
Maandag 25 Maart 2002
- Vyf lede van Windhoek se Chinese gemeenskap is Saterdagaand beseer in ’n wilde skietgeveg wat op die perseel van die Windhoek Buitekluboord uitgebreek het.
- Tydens die 12de onafhanklikheidsviering van Namibië het die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, aangekondig dat ’n reeks Grondwetwysigings vir vanjaar in die vooruitsig gestel word.
- Die reg van buite-egtelike kinders om in ’n gesinsverband die erfgenaam te wees, is Vrydag in ’n geskiedkundige beslissing van die Windhoekse Hoërhof bekragtig.
- Ongekende vreugde het Saterdag by die Hoër Tegniese Skool Windhoek losgebars ná hul eerste rugbyspan se onverwagse triomf oor Windhoek Hoërskool in die ATKV se skolerugbytoernooi.
Dinsdag 26 Maart 2002
- Ontevredenheid met die direkteur-generaal van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC), het gelei tot ’n petisie deur kontroleurs van die uitsaaier wat nou deur die voorsitter van die NBC-raad, mnr. Uaziuva Kaumbi, bestudeer word.
- Besorgdheid oor die Regering se voorstel dat grondbelasting op plase in Namibië net op die onverbeterde waarde van die grond bereken word, is deur die Namibia National Farmers’ Union (NNFU) uitgespreek.
- ’n Nuwe era het vir Afrika aangebreek met demokratiese waardes en klem op ekonomiese vooruitgang wat die plek van oorloë, konflik en staatsgrepe ingeneem het.
Woensdag 27 Maart 2002
- Die staat het sy betoog gister midde-in dringende bevraging deur regters voortgesit dat die Regering onder geen grondwetlike verpligting is om regshulp aan die 128 vermeende Caprivi-afstigtingsrebelle te voorsien nie en dat hulle sonder regsverteenwoordiging steeds ’n regverdige verhoor kan hê.
- Die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, het die eerste Afrika-ontvanger in die geskiedenis van ’n buitengewone toekenning van die Amerikaanse vereniging vir openbare administrasie geword.
- Die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste het Maandag sewe nuwe ambulanswaens tot hul 900 sterk voertuigvloot toegevoeg.
Donderdag 28 Maart 2002
- Namibië se ekonomie kan op sterkte van verbeterde landbou-, mynbou- en nywerheidsuitsette vanjaar met sowat 3 persent groei.
- ’n Besondere eer het Namibië te beurt geval deurdat Windhoek die eerste stad op die vasteland geword het om ’n volwaardige HIV/vigs-sekretariaat te huisves.
- Vergoeding van sowat N$4,6 miljoen gaan aan grondeienaars in die Noorde betaal word na die Regering kennis gegee het dat eienaars van kommersiële en kommunale grond vergoed sal word vir die bou van ’n spoorlyn op hul grond.
- Die Minister van Buitelandse Sake, mnr. Theo-Ben Gurirab, kan die volgende lid van die Nasionale Vergadering wees wat geskors word omdat hy vir meer as tien dae sonder verlof afwesig was.
Vrydag 29 Maart 2002
- Goeie Vrydag

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie