20 jaar gelede
Maandag 1 April 2002
- Paasmaandag
Dinsdag 2 April 2002
- Minstens vyf mense het die afgelope Paasnaweek op paaie in die land omgekom.
- Die feit dat die Angolese regering geen gras onder sy voete laat groei het in sy soeke na vrede sedert die dood van Jonas Savimbi nie, is ’n uiters positiewe verwikkeling vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), sê Namibië se Minister van Buitelandse Sake, mnr. Theo-Ben Gurirab.
- Die naasbestaandes van wyle me. Helena Gabriel (85) het voor die landdroshof op Oshakati protes teen die moontlike toestaan van borgtog aan haar vermeende moordenaar, Hosea King Angolo, aangeteken.
- Namibië het behoorlik die kalklig gesteel by die FIRA/AER o.19 Wêreldbeker-rugbytoernooi in Italië.
Woensdag 3 April 2002
- ’n Bittersoet nasionale begroting waarmee die gordel bietjie stywer getrek gaan word in afwagting op beter ekonomiese tye wag waarskynlik vanmiddag op Namibiërs.
- Konsensus is gister oor politieke grense heen bereik dat die implementering van grondbelasting as eerste stap beskou moet word om grondhervorming in die land te versnel.
- Die DTA ondersteun die eise van die Herero-sprekende gemeenskap teen die Duitse regering om hulle geldelik te vergoed, sodat hulle grond kan terugkoop wat hulle tydens die Duiste Koloniale oorlog verloor het.
Donderdag 4 April 2002
- Regeringskuld is vir die eerste keer sedert onafhanklikwording meer as 27 persent van die Namibiese Bruto Binnelandse Produk terwyl die begrotingstekort vir die finansiële jaar by die 5 persent kerf huiwer.
- ’n Begroting van N$10,8 miljard wat gekenmerk word deur ’n toekomsvisie, grootskaalse fiskale beheer en ’n drastiese verlaging aan inkomste is gister deur die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, in die Nasionale Vergadering (NV) ingedien.
- Rare woestynolifante kom net op twee plekke ter wêreld voor en een daarvan is Namibië.
Vrydag 5 April 2002
- Gelyktydig met die bekendmaking van vanjaar se begroting in die NV het Swapo se sowat 80 000 bondgenote van die staat, die Namibiese Staatsdienswerkersunie (Napwu) en die Nasionale Unie vir Namibiese Onderwys (Nantu), ’n dispuut oor salarisverhogings vir die amptenare met die Regering verklaar.
- ’n Vreedsame toekoms ná 27 jaar van burgeroorlog wink duideliker vir Angola nadat hoofde van die regeringsmagte en Unita gister ’n skietstaking onderteken het.
- ’n Amptelike ondersoek gaan deur die Ministerie van Omgewingsake en Toerisme van stapel gestuur word ná die jongste voorval op die Harnas-gasteplaas naby Gobabis toe ’n graad 12-leerling van Windhoek Hoërskool deur ’n leeu aangeval is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie