20-jaar-gelede
20-jaar-gelede

20 jaar gelede

Maandag 15 April 2002

- Nog ’n internasionale eer het Namibië te beurt geval met die aanstelling van die Adjunk Minister van Buitelandse Sake, Inligting en Uitsaaiwese, mnr. Tuliameni Kalomoh, as die Assistent Sekretaris-Generaal vir Politieke Aangeleenthede by die Verenigde Volkere.

- ’n Diamantboot van een van Namibië se kontrakteurs het laat Donderdag naby Lüderitz gesink.

- Die traagheid van senior onderwysamptenare en ’n onverskillige houding in hul beroep sal vanjaar kortgevat word.

Dinsdag 16 April 2002

- Die Regering se reddingspogings om orde in semi-staatsinstellings te herstel word vandag ’n hupstoot gegee met die bekragtiging deur die Kabinet vir die aanstelling van ’n permanente direksie vir TransNamib onder voorsitterskap van een van die pilare van die Namibiese vervoerbedryf, dr. Klaus Dierks.

- Onder ’n bewolkte hemel het Namibië gister in Windhoek van mnr. Karl Werner Rudolph List afskeid geneem en die laaste eer aan ’n besondere seun van die land bewys.

- President Nujoma het Namibiërs aangespoor om meer verantwoordelik te wees en die druk op openbare besteding te verlig deur te voorkom dat hulle MIV/vigs opdoen.

Woensdag 17 April 2002

- Die eerste en hopelik die laaste brandstofprysstyging vir die jaar.

- ’n Versoek en ook ’n uitdaging om met die waarheid oor die moord op die ouers van die Prokureur-Generaal, mev. Pendukeni Ithana-Iivula op 10 April 1981 in die Ombathi-nedersetting in die Ombulantu omgewing, vorendag te kom, is gister in die Nasionale Vergadering deur mev. Ithana-Iivula gerig.

- ’n Dringende waarskuwing dat die skrif vir die Namibiese ekonomie aan die muur is, is deur die Minister van Buitelandse Sake, Inligting en Uitsaaiwese, mnr. Theo-Ben Gurirab, gerig.

Donderdag 18 April 2002

- Haas onafwendbare tariefverhogings vir huurmotors ná die jongste brandstofpryse is die prioriteit van ’n dringende vergadering van die Namibië Bus- en Taxivereniging (Nabta) binne enkele dae.

- Die dorpsraad van Rehoboth gaan ondersoek instel na die buitengewone hoë waterrekeninge wat in Februarie aan inwoners gelewer was.

- Diepe kommer behoort onder ware ondersteuners van Namibiese rugby te heers dat die nasionale span nie voorberei is om op 15 Junie sy eerste kwalifiserende wedstryd vir die 2003 Wêreldbekertoernooi teen Madagaskar te speel nie.

Vrydag 19 April 2002

- Harry Simon was net ’n halwe bokser in Kopenhagen toe hy die middelgewigtitel van die Wêreldboksorganisasie van Armand Kranje van Swede herower het.

- Motorryers wat in Windhoek woon en voertuie besit wat buite Windhoek geregistreer is, is in die visier van die Windhoekse verkeersdepartement.

- Swendelary in die verkryging van vuurwapenlisensies is gister op ’n nuuskonferensie van die skakelafdeling van die Polisie in Windhoek oopgevlek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!