20 jaar gelede
Maandag 22 April 2002
- In nog ’n reddingspoging van die Regering om semi-staatsinstellings weer lewensvatbaar te maak, gaan die koppe by die nasionale uitsaaier voor die einde van die maand waai.
- ’n Senior Swapo-leier het in die Parlement gewaarsku dat voorspoed in Namibië sal afhang van die behoud van politieke stabiliteit in die land.
- Die Okapuka-looiery by Windhoek word van vandag af as gevolg van arbeidsonrus tydelik gesluit.
- Die Namibiese nasionale sokkerspan, meer bekend as die Brave Warriors is vir die derde agtereenvolgende keer sy plek in die Cosafa Castle Lager Bekerreeks kwyt.
Dinsdag 23 April 2002
- Een van die mees aanvegbare voorstelle nog in die geskiedenis van Burgerlugvaart gaan binnekort voor die Kabinet dien wanneer besluit moet word of die gewilde lughawe Eros sy aanloopbaan moet toemaak vir geskeduleerde vlugte met vliegtuie swaarder as 5 800kg.
- Die opbrengs van Namibië se visnywerheid kan vanjaar selfs die N$3,2 miljard oorskry ondanks geringe wysigings in die vasstelling van die totale toelaatbare spesies wat gister aangekondig is. Vir die pelsernywerheid bly dit nag.
- Kerke moet ’n kultuur van vrede kweek, sê die nuwe president van die Raad van Kerke in Namibië (CCN), pastoor Samuel Mbambo.
Woensdag 24 April 2002
- Die glorie van weleer in lugvaart het gistermiddag vir ’n wyle op die lughawe Eros teruggestaan toe ’n vliegtuig uit Wêreldoorlog II ’n reddingsvaartuig vir ’n hartpasiënt uit Switserland vanaf Sesriem na Windhoek geword het.
- ’n Sentrale regeringsagentskap is op die been gebring om staatskorporasies te hervorm en sal deur ’n uitvoerende direkteur gelei word.
- Die Ministerie van Visserye en Mariene Hulpbronne gaan teen Junie vanjaar ’n moderne Noorweegse patrollieboot in diens neem en sy bestaande patrollieboot, die Oryx, aan die Ministerie van Verdediging oordra.
Donderdag 25 April 2002
- ’n Finale besluit oor die herorganisasie van die NBC wat tot die ontslag van ’n groot gedeelte van die korporasie se topbestuur en die aanbieding van skeidingspakkette aan etlike werknewers kan lei, sal volgende Dinsdag tydens die Kabinetsitting geneem word.
- Terwyl Pres. Sam Nujoma gister met die opening van die kongres van die Swapo Jeugliga op die belangrikheid van die opvoeding van die jeug en werkloosheid gewys het, het die party se jeugsekretaris, mnr. Paulus Kapia, ’n striemende aanval op die Regsbank en Amerika en Brittanje geloods.
Vrydag 26 April 2002
- Die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) se poging om die regering gyselaar te hou met ’n aankondinging dat hy nie ’n aandeel in Air Namibia sal aanvaar nie, is gister byna onmiddellik getroef met ’n Air Namibia-aankondiging dat hy na ’n ander swart bemagtigingsvennoot soek.
- Hoewel vrede in Angola reeds ’n werklikheid is, het nog geen een van die bykans 25 000 vlugtelinge in die Osire-vlugtelingkamp vir repatriasie na hulle geboortelande aansoek gedoen nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie