20-jaar-gelede2021-11-260
20-jaar-gelede2021-11-260

20 jaar gelede

Maandag 29 April 2002

- Midde-in die Namibiese Werkersunie (NUNW) se onttrekkingsdebakel aan die Air Namibia-privatiseringsooreenkoms het die bestuur van die lugredery die afgelope weke verskeie belangrike deurbrake rakende die toekoms in die buiteland gemaak.

- Die eerste staatsbesoek van die Namibiese Eerste Minister, mnr Hage Geingob, aan die Koninkryk van Swaziland het Saterdag begin toe hy sy eweknie van die land, Dr. Barnabas Sibusiso Dlamini, op die Matsapha-lughawe naby Mbabane ontmoet het.

- Arbeidsonrus het Vrydag vir ’n tweede keer vanjaar by die Hotel Safari uitgebreek en die taakmag van die Polisie is ingeroep om te verseker dat wet en orde gehandhaaf word.

Dinsdag 30 April 2002

- ’n Stuk Namibiese geskiedenis wat oor ’n eeu strek, het Sondag op Omaruru gesterf. Namibië se oudste mens, Daniël Harekeb (112), is in die Ozondje-buurt van Omaruru dood.

- Terwyl die eerste verdagte in die NBC-tjekbedrog van meer as N$312 000 in die hof verskyn het, het die Minister van Buitelandse Sake, Inligting en Uitsaaiwese, mnr. Theo-Ben Gurirab, in die Parlement N$86,7 miljoen aangevra om die nasionale uitsaaier finansieel sterk te maak.

- Harry Simon is skynbaar vrygespreek van alle betrokkenheid in die ongeluk ’n jaar gelede naby Swakopmund waarin ’n egpaar gesterf het.

- Op Mariental het sokkerboewe (mans en vroue) weer eens die wet in eie hande geneem. Die Tafel Lager premierliga-sokkerwedstryd tussen Black Africa en BBB, het seepglad op die speelveld verloop, maar op die pawiljoen en langs die kantlyn was dit chaos.

Donderdag 2 Mei 2002

- Namibië kon nie daarin slaag om enige toekenning van die Wêreldgesondheidsorganisasie se globale fonds vir noodsaaklike gesondheidsprogramme in Namibië te bekom nie.

- ’n Wandeltog het die naweek ’n nootlottige einde gehad toe ’n buitelandse toeris in die Namib-Naukluft Park gesterf het nadat hy deur ’n swerm heuningbye oorval is.

- Die vreugde om Werkersdag in Namibië te herdenk, word gedemp deur die besef dat meer as 30 persent van Namibië se potensiële arbeidsmag werkloos is.

- Ministeries en regeringsdepartemente wat versuim om raad wat die kantoor van die Prokureur-generaal uitdeel te volg, kos die staat ’n komp geld en bring beslommernis mee.

Vrydag 3 Mei 2002

- Ernstige tweespalt dreig tussen die vissersgemeenskappe van Namibië en Suid-Afrika en ’n sosio-ekonomiese ramp moet vir 3 800 werkers afgeweer word met die katastrofe wat Walvisbaai se pelsernywerheid getref het.

- In ’n buitengewone stap het President Sam Nujoma gisteraand in ’n televisie-uitsending ’n beroep op Namibiërs gedoen om saam met wetstoepassingsagentskappe oorlog teen misdaad te verklaar.

- NamPower het gister sy internasionale verkope van elektrisiteit met die ondertekening van ’n samewerkingsooreenkoms na Botswana uitgebrei.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!