20 jaar gelede
Maandag 6 Mei 2002
- ’n Ernstige waarskuwing is Vrydag deur die polisie se skakelafdeling in Windhoek gerig dat in die toekoms met maksimum geweld teen misdadigers opgetree sal word.
- Die aantal weeskinders in Namibië is op die oomblik tussen 34 000 en 68 000 en neem steeds toe.
- President Sam Nujoma se beroep op Namibiërs om misdaad te beveg, is gister ’n ongewone stap verder gevoer toe die Polisie ’n beroep op alle voornemende motordiewe gedoen het om kennis te neem van toekomstige optrede.
- Die brugbouprojek in die Sam Nujoma-rylaan in die Avis-woonbuurt wat einde se kant toe staan, kos tot dusver N$19 miljoen terwyl die verlenging van Robert Mugabe-rylaan voorlopig uitgestel is.
Dinsdag 7 Mei 2002
- Voornemende beleggers en ondernemers is gister op Walvisbaai genooi om te deel in die massiewe onontginde reserwes in mineraalbronne waaroor Namibië beskik.
- ’n Lys met die waardes van kommersiële plase kan so vroeg as Junie vanjaar beskikbaar wees, waarna boere insae daarin sal hê en met die volgende stap in die implementering van grondbelasting voortgegaan kan word.
- Malaria het verlede jaar die lewens van minstens 900 mense in die Ohangwena-, Omusati-, Oshana-, en Oshikotostreke geëis.
- ’n Gesamentlike program vir die kapasiteitbou van menslike hulpbronne deur vrywilligerswerk in verskeie sektore in Namibië, is vanaf die week in volle swang.
-
Woensdag 8 Mei 2002
- Die Namibiese Kommunikasie Kommissie (NCC) is besig met voorbereidingswerk wat die weg sal baan vir ’n tweede selfoonverskaffer om tot die Namibiese mark toe te tree.
- Doodsdreigemente teenoor die bestuur van die hotel Safari en Safari Court was die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek het toe met die Namibiese Voedsel- en Verwante Werkersunie oor voorgenome afdankingspakette vir 72 werkers van die groep onderhandel moes word.
- Die terugkeer van vrede na Angola is goeie nuus vir die ontwikkeling van onderwys in die Kavango- en Caprivistreke en belanghebbendes in die onderwyssektor kan nou weer programme en projekte van stapel laat loop.
Vrydag 10 Mei 2002
- Die Sam Khubis-fees is ’n nuwe baken van nasionale versoening en nasiebou in Basterland met ’n eerste gesamentlike herdenking van dié 87-jarige geloftefees deur die hoogste staats- en tradisionele gesag.
- Afrika se eerste ruimtereisiger, Mark Shuttleworth, het tydens sy verblyf in die Internasionale Ruimtestasie ’n kansie gehad om na die vasteland van sy herkoms te kyk.
- Suid-Afrika het gister ’n rekord-kwota vir pelsers van 257 978 ton aangekondig en daarmee die deur op ’n skrefie oopgehou vir Namibiese uitkoms in die pelagiese visbedryf nadat die plaaslike pelserbron in duie gestort het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie