20 jaar gelede
Maandag 20 Mei 2002
- Die aanvaarding van ’n nuwe struktuur vir TransNamib deur die nuwe direksie is die laaste geleentheid om die land se grootste vervoerkorporasie weer een van die steunpilare van die Namibiese ekonomie te maak.
- Die wêreld se grootste oopgroef-uraanmyn is gered danksy een van die grootste arbeidsprestasies in die geskiedenis van Namibië.
- Namibië se Frank Fredericks, terug op die baan met hernieude energie, het Saterdag in Nairobi die vinnigste 100m-tyd nóg op Afrika-bodem gehardloop.
Dinsdag 21 Mei 2002
- Namibiërs in die suide van die land sal hul winterbaadjies vroeër as gewoonlik moet uitpak.
- Uitspraak in die regsgeding tussen sewe kommersiële boere van die Omitara-omgewing, die Regering en ses ander instellings om die probleme wat deur die plakkersgemeenskap by die Otjivero-dam veroorsaak word op te los, is gister in die Windhoekse Hooggeregshof voorbehou.
- ’n Mosie van wantroue deur die Herero’s en Nudo as ankerparty van die DTA teen die party se president, mnr. Katuutire Kaura, was gisteraand op die tafel tydens ’n vergadering wat in Katutura gehou was.
Woensdag 22 Mei 2002
- “Nico, ek sê vir jou daar is net een oplossing. Ons moet by Swapo aansluit,” was die onlangse reaksie van die voorsitter van die DTA, mnr. Johan de Waal, op die slepende onmin wat die party as amptelike erkende opposisie in die Nasionale Vergadering (NV) die afgelope maande beleër.
- Nog ’n deurbraak vir Namibiese uitvoere is voor die deur met onderhandelinge oor die uitvoer van rooivleis na Amerika wat gister op regeringsvlak begin het.
- Die lang messe is uit vir die DTA-leierskap, met openlike beskuldigings van “blatante arrogansie” teenoor leiers se houding oor die gebeure wat nou in die party ontvou.
Donderdag 23 Mei 2002
- Die Premier, mnr. Hage Geingob, staan in die middel van ’n getwis oor ’n woonerf in ’n weelde-buurt van Swakopmund wat in die volksmond reeds na die Eerste Minister Hage Heights genoem word.
- Personeel van die Universiteit van Namibië het gistermiddag ’n dispuut met die bestuur verklaar oor salarisverhogings en diensvoorwaardes ná ’n vreedsame optog tussen 13:00 en 14:00 op die kampus.
- ’n Swapo-leier in die Nasionale Raad het gewaarsku dat semi-staatsinstellings nie hul maatskaplike verantwoordelikheid teenoor die inwoners van die land agterweë moet laat nie.
Vrydag 24 Mei 2002
- Die twee kamers van die Parlement, die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad, is nie in staat om die Kabinet as uitvoerende gesag te beheer nie.
- Namibiërs is landwyd met derduisende dollar ingeloop ingevolge ’n onwettige skema waarmee ’n Suid-Afrikaner homself voorgedoen het as dranklisensie-konsultant.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie