20 jaar gelede
Maandag 27 Mei 2002
- Terwyl ’n brand aan die noordoostelike buitewyke van Windhoek gewoed het, moes die brandweer hul terselfdertyd na ’n brand in die Academia-woonbuurt van Windhoek haas.
- ’n Waterboerdery kan ’n antwoord bied aan ’n honger wêreld met bronne van die see wat teen die jaar 2030 nie meer in die behoeftes van die mensdom sal kan voorsien nie, volgens die Namibiese Minister van Visserye, dr. Abraham Iyambo.
- Tekortkominge en ondoeltreffendheid in die beplanning van begrotings en in staatsboekhouding gee sommige individue, groepe en instansies die geleentheid om hul eie agendas te volg en hul bestedingsprioriteite te bevorder to nadeel van die Namibiese samelewing.
Dinsdag 28 Mei 2002
- Die lughawe Eros gaan dalk al binne die volgende weke vir kommersiële vliegtuie swaarder as 5 700kg gesluit word met dié sensitiewe aangeleentheid wat op die hoogste regeringsvlak aandag geniet in aansluiting by die Yamoussoukro-deklarasie wat die liberalisering van lugdienste in Afrika ten doel het en in Augustus in werking tree.
- Boorwerk aan ’n tweede olieboorgat in die aflandige Kudu-gasveld aan die Namibiese kus is onderweg.
- Toetse wat werkers van NamPower op ’n vrywillige grondslag ondergaan het om hul vigsstatus te bepaal, het aangedui dat 72 van hulle MIV/vigs onder lede het.
Woensdag 29 Mei 2002
- ’n Nuwe gier onder veral leerlinge by hoërskole in die land het onderwysers en tandartse met hulle hande in hul hare.
- Die verdedigings, gevangenisstelsel en arbeidsaangeleenthede moet aandag ontvang indien Namibië teen 2030 ’n stabiele en vreedsame nasie wil wees.
- Aanduidinge is dat die El Niño-verskynsel op see swak tot matig gaan wees en dat die gevolge daarvan wêreldwyd nie so verpletterend soos in 1997/98 gaan wees nie.
Donderdag 30 Mei 2002
- Stappe gaan deur Namwater geneem word om ’n dreigende watertekort in die sentrale gedeeltes van die land oor die volgende twee reënseisoene af te weer.
- ’n Onderwyseres en eienaar van die Sam Nujoma Kindergarten in die noorde van Namibië is tronkstraf van 26 maande opgelê nadat sy op aanklagte van aanranding op ’n sesjarige dogtertjie skuldig bevind is.
- Die manewales van die Namibiese Skolesportunie (NSSU) het ’n draai in die Nasionale Raad (NR) gehad toe ’n Swapo-leier van die Suide, mnr. Frans Basson, ’n beroep op die Minister van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur, mnr. John Mutorwa, om in te gryp in die NSSU-werksaamhede.
Vrydag 31 Mei 2002
- Namibië is Rusland se nuwe afset-sentrum vir Afrika met minstens twee reuse-projekte van byna N$100 miljoen waarmee Namibië reeds as burgerlugvaart-hoofkwartier op die vasteland gevestig is en waarmee ’n unieke farmaseutiese fabriek in die stryd teen MIV/vigs opgerig gaan word.
- Terwyl die wêreld se aandag op die FIFA 2002 Wêreldbekertoernooi gevestig is wat vandag in Suid-Korea begin, klim Namibië se Frans Hantindi deur die toue om sy Afrika-weltergewigtitel van die Wêreld Boksvereniging (WBA) vir die eerste keer te verdedig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie