No Image Caption

20 jaar gelede

Maandag 10 Junie 2002

- ’n Seeramp in koue water en gure weer het die naweek die lewens van minstens 12 Namibiese vissers aan die kus naby Lüderitz geëis, terwyl die soektog na sewe mense aan boord die Meob Bay-vissersboot gisteraand steeds nie finaal afgelas is nie.

- Vier Russies-vervaardigde helikopters ter waarde van sowat N$80 miljoen dollar is deel van ’n “geskenkpakkie” aan Namibië in Muammar Gadhafi se veldtog om die parlement van die nuutgestigte Afrika Unie in die hartland van Libiese magsvertoon gevestig te kry.

- ’n Ongemaklike vrede het gister na Hentiesbaai teruggekeer met die munisipale arbeidsmag wat almal terug op hul poste was nadat betogers amptenare en werkers drie van die voorafgaande vier dae gedwing het om hul kantore en werksplekke te sluit en huis toe ge gaan.

Dinsdag 11 Junie 2002

- Die grondkwessie en grondhervorming sal hoog op die sakelys wees wanneer pres. Sam Nujoma, vergesel van ’n hooggeplaaste Namibiese afvaardiging, Duitsland vir ’n amptelike besoek wat van vandag tot 18 Junie duur, besoek.

- Polities-regsgrondelike probleme word voorsien om Afrika se reusagtige ondergrondse waterbronne te benut ten einde die vasteland se waterkrisis op te los.

- Dit lyk asof Emsie Esterhuizen ’n turksvy in plaaslike netbal geword het.

Woensdag 12 Junie 2002

- Die 77-jarige mnr. Koos Müller van Pretoria-Noord het Maandag in die jagveld die dood gefnuik deur een van baie min mense te word wat die dodelike pil van ’n swart mamba oorleef het.

- Belastingkoerse op kommersiële landbougrond wat wissel van een persent tot soveel as 20%, is gister in ’n warm debat waartydens die humeure opgevlam het, in die Nasionale Vergadering voorgestel.

- Die konfiskeringsdrama van Namibiese Land Cruiser-eienaars skuif binne dae na die hooggeregshof in Pretoria nadat nog ’n bekende sakeman se weeldewa gisteroggend by die Komatipoort-grenspos in Suid-Afrika afgevat is.

Donderdag 13 Junie 2002

- Die bevolking van Windhoek groei teen 5,4 persent per jaar en die stad ervaar ’n groot werkloosheidsprobleem.

- Die Namibiese rugbyspan se oefenkamp in Pretoria het hom in ’n hegte eenheid saamgesnoer vir Saterdag se kwalifiserende Wêreldbeker-wedstryd teen Madagaskar in die Nasionale Rugby-stadion in Windhoek.

Vrydag 14 Junie 2002

- Die bose kringloop van ’n reeks prysstygings was gister nader aan voltooi toe die Suid-Afrikaanse Reserwebank aangekondig het dat die repokoers met 100 basispunte (1 persentasiepunt) verhoog is.

- Snerpende koue gepaard met reën en kapok teister die afgelope paar dae die Suide en het reeds dierevrektes in die Helmeringhausen-omgewing tot gevolg gehad.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!