No Image Caption

20 jaar gelede

Maandag 15 Julie 2002

- Babelse verwarring en parlementêre prosedures was die stok in die speek van die wysigingswetsontwerp op die Wet op Regsverteenwoordigers in die Nasionale Vergadering (NV) wat daarop gemik was om staatsamptenare in die regsektor te bemagtig.

- Altesaam 32 skoolkinders en ’n onderwyser het Vrydag wonderbaarlik aan die dood ontkom nadat die bus waarin hulle na Windhoek onderweg was teen ’n boom langs die pad gebots het.

- Meer as 3 000 nuwe werksgeleenthede is sedert 1999 in die klein- en mediumsakeondernemingsektor geskep na die Regering ’n kredietwaarborgskema tot stand gebring het.

Dinsdag 16 Julie 2002

- Die Windhoek-munisipaliteit gaan vandeesweek vir die eerste keer sedert 1996 weer waterbesparingsmaatreëls in werking stel.

- Nog ’n Namibiër het Sondagmiddag byna met sy lewe geboet na ’n tweede skietongeluk in soveel weke in die jagveld.

- Die besturende direkteur van Telecom Namibia, mnr. Theo Mberirua, se bedanking uit dié korporasie is gistermiddag in ’n gespanne atmosfeer tussen hom en die voorsitter van die Telecom raad van direkteure, mnr. Titus Haimbili, bevestig.

Woensdag 17 Julie 2002

- Probleme by die Namibiese Uitsaai Korporasie (NBC) sal nie noodwendig opgelos word deur die manier waarop herstrukturering nou deur die NBC se raad voorgestel word nie.

- Terwyl die sentrale dele van Namibië sy grootste watertekort sedert 1996 in die gesig staar, kom die nuus dat ’n betekenisvolle stap nader aan omgewingsvriendelike volhoubare en wedersydsvoordelige benutting van die water uit die Kavangorivier behaal is.

- ’n Vismes en ’n skerpgemaakte skroewedraaier het op onverklaarbare wyse die X-straalmasjien en metaalverklikkers op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako ontglip en byna saam met nege beskonke Russiese vissermanne op Air Namibia se vlug na Frankfurt beland.

Donderdag 18 Julie 2002

- Bekwame bestuurders met jarelange ervaring het blykbaar die teiken geword in ’n noodmaatreël om die land se nasionale uitsaaier van ’n totale ineenstorting te red.

- Op 73-jarige leeftyd is pres. Sam Nujoma nog ’n man wat sy roer kan raakvat en een van sy gunsteling wintertydverdrywe, jag, met akkuraatheid kan beoefen.

Vrydag 19 Julie 2002

- Die gewraakte Kaumbi-lys het gister skokgolwe deur die NBC gestuur en die direkteur-generaal, dr. Ben Mulongeni, moes inderhaas inspring om gemoedere te kalmeer.

- Die volle verhaal van die beweerde duiwelsaanbidder en petrolbomgooier Justus Ingram (34) van Windhoek sal waarskynlik op 19 Augustus in die landdroshof ontvou ná twee maande se sielkundige behandeling.

- Die kantoor van die Namibiese Ombudsman het ’n breë mandaat wat wanadministrasie, menseregteskendings, korrupsie en omgewingsbewaringsake insluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!