No Image Caption

20 jaar gelede

Maandag 22 Julie 2002

- Drie-en-twintig kinders van Outjo het in die nagtelike ure van Vrydagoggend wonderbaarlik aan die dood ontkom toe hul bus by die oostelike ingang na Swakopmund deur ’n vragmotor van die pad gedwing is en die versperrings langs die pad getref het.

- Plaaswerkers met spanhoute en ’n panga teen ’n R4-geweer en ’n Makarof-pistool het Vrydagmiddag die vyfde gewapende drosters in die rigting van Otjimbingwe in die Karibibboerderygebied afgeweer.

- Die vakbond vir Namibiese staatsdienswerkers (Napwu) verwerp die Kaumbi-lys van 183 gedwonge afdankings as deel van NBC-herorganisasie.

Dinsdag 23 Julie 2002

- Wetgewing word voorberei om munisipale verkiesings tot Desember aanstaande jaar uit te stel, terwyl die beplande wykstelsel ook geskraap gaan word.

- ’n Voorval verlede week toe ’n boer van Outjo deur twee Suid-Afrikaanse jagters raakgeskiet is, het ’n nadraai in die streekhof gehad toe een van die jagters van poging to moord aangekla is.

- Namibië se gasvryheid het nou ’n gemor in die staatsdiens veroorsaak.

- Namibië het weereens sy posisie in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) verstewig met die aanstelling van mnr. Victor Tonchi as die president van die SADC-verkiesingsforum.

Woensdag 24 Julie 2002

- Die karkas van ’n 2,8 m-krokodil wat vermoedelik sowat drie weke gelede deur wilddiewe van kant gemaak is, is op die oewers van die Swakoppoortdam gevind.

- Finale reëlings word aanstaande week getref om sowat 700 Namibiese vlugtelinge in die Dukwe-kamp in Botswana deur middel van vrywillige repatriasie teen die middel van volgende maand na hul vaderland te laat terugkeer.

- ’n Handleiding vir die bevordering van volhoubare ontwikkeling in die olie-, mynbou- en petroleumnywerhede van ontwikkelende lande sal volgende jaar beskikbaar wees.

Donderdag 25 Julie 2002

- Waterbesparingsmaatreëls vir die inwoners van Windhoek tree op 15 Augustus in werking om die huidige waterbronne vir die sentrale gedeelte van Namibië tot Desember 2003 te verseker.

- Die herstruktureringsproses van die Namibiese Uitsaai Korporasie (NBC) is uit die hande van die NBC-raad en die voorsitter, mnr. Uazuva Kaumbi, geneem en sal voortaan deur die kantoor van die Direkteur-generaal, dr. Ben Mulongeni behartig word.

- Die vurige debat rondom die wegneem van drie gewilde SAUK-televisiekanale het gister ’n nuwe rigting ingeslaan met ’n petisie waarin Namibiese DStv-kykers versoek word om Multichoice Namibia vir ’n maand of twee te boikot.

Vrydag 26 Julie 2002

- Windhoek se eiendomsmark is ’n tydbom wat binne drie jaar kan ontplof.

- Twee toeriste uit die Nederlande is Woensdagmiddag op ’n plaaspad oorval en van feitlik alles by hulle beroof toe die twee gewapende drosters van Karibib weer toegeslaan het.

- Besoekers aan die Namutoni-ruskamp in die Etosha Nasionale Park het gisteroggend ’n onaangename verrassing gekry toe waterpype in die kamp gebars het en 25 rushuise waterloos gelaat is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!