No Image Caption

20 jaar gelede

Maandag 5 Augustus 2002

- Onderwysers in die hoofstad was gister nog geskok oor ’n voorval by ’n bekende Windhoekse hoërskool toe die skoolhoof Vrydag op onder meer ’n klag van selfoondiefstal vir ure in polisie-aanhouding was.

- ’n Bevelvoerder van die Spesiale Veldmag (SFF) is verlede Donderdag oënskynlik genoop om een van sy troepe dood te skiet en nog een te wond in ’n voorval toe dissipline in hul basis totaal uitgerafel het.

- Die Motor van die Jaar-kompetisie vir 2002 is tot ondergang gedoem toe die Kleinhandel Motornywerheidsorganisasie van Namibië (RMI) sy rug op die organiseerders daarvan, mnr. Neville Neveling en me. Annegret Visser, gekeer het.

Dinsdag 6 Augustus 2002

- Ministers van Handel en Nywerheid van SADC het gister in Windhoek verskeie hindernisse oorbrug onderweg na die finalisering van ’n volledige vryehandelsooreenkoms tussen sy 14 lidlande.

- Die privatisering van Air Namibia gaan op die komende Swapo-kongres weerklank vind voordat die Kabinet die sensitiewe toekomsplan van die nasionale lugredery sal goedkeur.

- Die ondergrondse waterkwessie van die Tsumeb, Grootfontein- en Otavi-driehoek gaan aanstaande Dinsdag tussen belanghebbende partye op Grootfontein bespreek word.

Woensdag 7 Augustus 2002

- Namibië se mees berugte voortvlugtende, Bakondja Katjiuongua, was gister vir die vierde keer uit polisie-aanhouding ná hy waaghalsig ontsnap het en in ’n wilde skietery gisteroggend in die hart van Windhoek se middestad die dood vrygespring het, maar ure daarna deur sy familie oortuig is om hom weer aan die polisie oor te gee.

- ’n Begrotingstekort van byna N$37 miljoen vir die 2002/’03-boekjaar en ’n bykomende agterstand van N$43 miljoen op uitstaande skuld is die somtotaal van die finansiële doolhof waarin die NBC hom tans bevind.

Donderdag 8 August 2002

- Vrese dat die afgelope swak reënjaar ’n groot gedeelte van die land se bevolking met ’n voedseltekort gaan laat, is gister geopper.

- ’n Ultimatum van sewe dae is gister deur Air Namibia-werkers aan die Minister van Finansies gegee om ontslae te raak van die waarnemende bestuurspan en om die besigheidsplan te verwerp wat binne dae voor die Kabinet moet dien.

- President Sam Nujoma is Dinsdag gedaag om Swapo en die Ministerie van Justisie in verband met die openlike verontagsaming van die land se Grondwet en ander wette tot orde te roep.

Vrydag 9 August 2002

- Ongedissiplineerde kinders en die feit dat ouers in baie gevalle hul plig as opvoeders versaak, is grootliks verantwoordelik vir die voorspelde 70 persent tekort aan opgeleide onderwysers vir aanstaande jaar.

- Die stryd om verhogings vir staatsamptenare het gister verder verhewig toe die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (Nanw) geëis het dat die regering se onderhandelingspan ontbind en hersaamgestel moet word indien die staat die konflik op ’n vreedsame manier wil oplos.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!