No Image Caption

20 jaar gelede

Maandag 12 Augustus 2002

- Namibiërs is uit verskeie oorde gereed om van die sowat 2 900 Zimbabwiese kommersiële boere by te staan wat hul grond moet verlaat.

- Swapo se Sentrale Komitee was laat gistermiddag steeds met beraadslaging onderweg nadat die president, mnr. Sam Nujoma, Vrydag die party tot eenheid gemaan en teen faksievorming gewaarsku het.

- Dissipline in skole lê in die hande van skoolowerhede én ouers, sê die Minister van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur, mnr. John Mutorwa, in ’n nuusvrystelling wat Vrydag uitgereik is in reaksie op berigte van ’n voorval by die Hoërskool Windhoek meer as ’n week gelede toe ’n graad 10-leerling ’n selfoon in ’n eksamenlokaal gebruik het.

Dinsdag 13 Augustus 2002

- “Eers eie, dan andermans kinders”. Dit is die standpunt van die Namibië Landbou-Unie (NLU) oor finansiële hulp aan Zimbabwiërs wat ly onder die grondhervormingsprogram in hul land, hoewel die NLU ”geweldig baie simpatie” met hulle het.

- ’n Diep gesprek in die Swapo Sentrale Komitee die afgelope naweek oor eenheid binne die party is gister aan die media voorgehou asof Swapo sy derde kongres in ’n onafhanklike Namibië tegemoet gaan sonder ’n aanduiding van verdeeldheid.

Woensdag 14 Augustus 2002

- Elke werknemer van Air Namibia wat verlede week se versoekskrif met aantygings teen Comav onderteken het, gaan deur dié private lugredery gedagvaar word vir naamskending.

- Ekonomiese ontwikkeling in die Caprivistreek kan binne twee jaar van nou af dramaties toeneem wanneer die brug tussen Katima Mulilo en Zambië uiteindelik voltooi is.

- Vleisprodusente kan vir die volgende twaalf maande nog vee op die hoef uitvoer.

Donderdag 15 August 2002

- ’n Referendum moet gehou word om die politieke toekoms van Namibië en die huidige president te bepaal.

- Geskeduleerde vlugte na Rosh Pinah is gisteroggend om veiligheidsredes gekanselleer nadat honderde konstruksiewerkers by die Skorpion-sinkmyn tot ’n volskaalse staking oorgegaan het oor looneise.

- Meer as 300 vlugtelinge het gister deur die grenspos op Ngoma in die Caprivi beweeg op pad terug na hulle geboorteland.

Vrydag 16 August 2002

- Alle hel het gister by die Hoërskool Windhoek losgebars toe aangekondig is dat die skool se hoof, mnr. Bertus Gous, onmiddellik sy pos moet ontruim en in die volgende trimester by die onderwyshoofkwartier vir diens moet aanmeld.

- Die angel van die Skorpion-sinkmyn by Rosh Pinah is in ’n nag van plundering en geweld geknip nog voordat die projek van meer as N$3 miljard sy konstruksiefase kon voltooi.

- ’n Man wat oorgenoeg geweld in Zimbabwe gesien het, het gister die onbeheersde plundertog van honderde stakers by die Skorpion-sinkmyn as skrikwekkend beskryf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!