20 jaar gelede
Maandag 19 Augustus 2002
- Die stakersgeweld verlede week by die Skorpion-sinkmyn naby Rosh Pinah broei al sedert Mei vanjaar en Donderdag se uitbarsting was waarskynlik ’n georganiseerde poging om uiting te gee aan ’n dooiepunt oor loongeskille.
- Die toekoms van mnr. Bertus Gous, die veelbesproke hoof van Windhoek se grootste sekondêre skool, was die naweek nog in die weegskaal met ’n groep onderwysers en ouers wat hoop om hom by die skool te hou tot minstens ná vanjaar se Graad 12-eksamen, waar die Hoërskool Windhoek hoop om ’n 100 persent slaagsyfer vir sy sowat 240 matrieks te behaal.
Dinsdag 20 Augustus 2002
- ’n Groot gedeelte van die studente aan die Politegnikum van Namibië sal nie toegelaat word om die eindeksamen af te lê indien hulle nie hul uitstaande skuld voor 31 Augustus betaal nie.
- Betogende lede van die Nasionale Jeugdiensprojekte (NYS) is gister in Staatshuis ontvang ondanks uitlatings vroeër deur die Adjunkminister van Hoër Onderwys, mnr. Hadino Hishongwa, in die media dat die Regering nie met die gegriefdes sal onderhandel nie.
Woensdag 21 Augustus 2002
- Die Namibiese Skolesportunie is opnuut in verleentheid gedompel met sy span van 120 wat deur die NSSU se finansiële situasie van deelname aan die onder 20 Cossasa Balspele in Mosambiek weerhou is.
- Namibië gaan nie net die nuwe hoofkwartier van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU) huisves nie, maar het ook ’n deurslaggewende rol gespeel in die daarstelling van die nuwe SACU-ooreenkoms wat groot voordele vir die streek sal inhou.
- Die aansoek van die gewese hoofuitvoerende-amptenaar van NamWater vir die tersyde stelling van sy tydelike skorsing, is gister in die Windhoekse Hoërhof met koste verwerp.
Donderdag 22 August 2002
- Die aansteek van die onblusbare fakkel en die onthulling van die standbeeld van die onbekende soldaat sal twee van die hoogtepunte wees wanneer die Helde-akker Maandag amptelik deur President Sam Nujoma geopen word.
- Die Swapo-president, mnr. Sam Nujoma, se versoek dat grondhervorming eerste op die partyagenda moet staan, is gister met luide toejuiging begroet.
- Sosio-ekonomiese ontwikkeling was een van die sentrale pilare van President Sam Nujoma se openingstoespraak gister by die derde nasionale Swapo-kongres in Windhoek.
Vrydag 23 August 2002
- Die skuld vir geldelike sorge van die NSSU is gister vierkantig voor die deur van die adjunkdirekteur van sport in die Ministerie van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur, mnr. Johah Kasheeta, gelê.
- Minder as 50 Air Namibia-personeellede gaan hul poste verloor ingevolge ’n sakeplan van N$150 miljoen wat Dinsdag deur die Kabinet goedgekeur sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie