No Image Caption

20 jaar gelede

Dinsdag 27 Augustus 2002

- Drie mense is dood en vyf beseer in ’n reeks ongelukke toe verkeer op die kuspaaie die naweek om en op Swakopmund en Walvisbaai weens ’n toestroming van mense toegeneem het.

- Heldeakker moet ’n plek van samekoms word waar alle Namibiërs – ongeag hul politieke, etniese of godsdienstige agtergrond – byeen sal kom om die land se geskiedenis te herdenk.

- Indien Duitsland nie bereid is om die nagenoeg 4 biljoen Amerikaanse dollar wat die Herero-volk van hulle eis vir oorlogsmisdade aan die begin van die vorige eeu te betaal nie, kan dit gebeur dat die Herero’s plase in Namibië beset soos wat nou in Zimbabwe gedoen word.

Woensdag 28 Augustus 2002

- Mnr. Hage Geingob sal vanaf vandag nie meer die portefeulje van Eerste Minister beklee nie terwyl die Staatspresident self aan die roer van sake by die Nasionale Uitsaaikorporasie (NBC) gaan wees met die Minister van Handel en Nywerheid, mnr. Hidipo Hamutenya, wat na ’n verkleinde ministerie van buitelandse sake sonder die inligting en uitsaaiwese funksie verskuif is.

- Die nuwe Eerste Minister, mnr. Theo-Ben Gurirab, het gister die versekering gegee dat hy sy absolute bes gaan doen om ’n sukses van sy nuwe amp te maak en dat hy reg is om vanaf vandag al die pligte van sy nuwe portefeulje oor te neem.

Donderdag 29 August 2002

- Skote uit AK-47-aanvalsgewere moes gister ’n optog in bedwang bring wat aanvanklik vreedsaam was, maar in chaos ontaard het toe ’n polisiebeampte een van die betogers aangerand het.

- Namibië se voormalige eerste minister, mnr. Hage Geingob, sê hy heroorweeg nie sy besluit om die pos van minister van streek- en plaaslike owerheid en behuising – wat mnr. Sam Nujoma, hom aangebied het – van die hand te wys nie.

- “Die verrassende kabinetskuiwe wat President Sam Nujoma eergister aangekondig het, hou nie verband met die prestasie van die betrokke ministers nie, maar is eerder deel van die staatshoof se politieke planne.”

Vrydag 30 August 2002

- Toenemende misdaad, wat met verlede week se Swapo-kongres sterk onder die soeklig geplaas is en ’n strydpunt tussen hoëvlak regeringslui geword het, het dié week tydens die Windhoekse Stadsraadvergadering die twisappel tussen die burgemeester en die Minister van Justisie geword.

- Hartpasiënte in Windhoek se staatshospitaal se harte sit saam met senior personeel van dié inrigting letterlik in hul kele met die gerug dat hartsjirurgie in die toekoms in Kenia gedoen gaan word in plaas van Suid-Afrika.

- Die Windhoekse stadsraad gaan binnekort met die goedkeuring van die voorgestelde besigheidsregulasies deur die stadsraad, in beheer wees van alle sake-aktiwiteite in die stad.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!