20 jaar gelede
Maandag 2 September 2002
- President Sam Nujoma is een van die altesaam 109 staatshoofde van 195 lidlande van die Verenigde Nasies wat van vandag af in Johannesburg vergader vir die finale onderhandelings in die Wêreldspitsberaad oor Volhoubare Ontwikkeling.
- ’n Spanpoging deur ’n groep van tot 12 mense en drie walvisse, bygestaan deur viertrekvoertuie, kon nie ’n potvis van ’n paar tot van die strand sowat 300 m noord van die grens van Sandvishawe suid van Walvisbaai red nie.
-
Dinsdag 3 September 2002
- In ’n uitbarsting gister by die Wêreldspitsberaad vir Volhoubare Ontwikkeling in Johannesburg het pres. Sam Nujoma hom vir die eerste keer in die internasionale arena vierkantig agter sy boesemvriend, mnr. Robert Mugabe, geskaar en die Britse premier daarvan beskuldig dat hy die krisis in Zimbabwe veroorsaak het.
- Agt tronkbewaarders van Windhoekse Sentrale Gevangenis, waaronder die adjunkhoof en dissiplinêre hoof van Afdeling F vir geharde misdadigers, is gesamentlik tot N$8 600 beboet weens ’n reeks klagtes van aanranding en aanranding met die opset om ernstig te beseer.
- Die nuwe kredietkaartgrootte rybewyse is gister amptelik deur die Minister van Vervoer, mnr. Moses Amweelo, in Windhoek in gebruik gestel.
Woensdag 4 September 2002
- Die Ombili-supermark was Sondagaand die vierde onderneming in die stad om in dieselfde naweek onder ’n rooftog deur te loop.
- “Ek is besig om te sterf,” was die laaste woorde wat mev. Renate Grüber aan haar man gesê het nadat hulle Maandag die soveelste slagoffers van die berigte Karibib-bende geword het.
- Namibië het gister wetenskaplike geskiedenis gemaak toe die grootste gammastraalteleskoop en mees gevorderde toestel van sy soort ter wêreld, die Hoë Energie Stereoskopiese Sisteemteleskoop (H.E.S.S.) vir die eerste keer hier ingewy is.
Donderdag 5 September 2002
- Boere van die Dordabis-bewaringsgebied het in beginsel besluit om 20 ton vleis aan gemeenskappe in die land, wat hongersnood in die gesig staar, te skenk.
- ’n Heffing van 1,2 persent is op alle vars groente en vrugte in Namibië ingestel.
- Loononderhandelinge tussen Marco Fishing op Lüderitz en die Namibiese Seeman en Verwante Werkersunie (NASAWU) is besig om op die rotse te loop as gevolg van die oënskynlike onvermoë van die verkeersverteenwoordiger, mnr. Hango Paulus, om afsprake na te kom.
Vrydag 6 September 2002
- Die Namibiese Landbou-unie (NLU) gaan oor die volgende twee maande ’n projek van stapel stuur om die dreigende hongersnood in die land uit eie bodem te verlig.
- Versigtige optimisme in die kleed van baie vrae het gister in die pelagiese visnywerheid van Namibië geheers ná ’n toegewing deur Suid-Afrika dat pelservangste daar deur bote van ’n buurman toegelaat gaan word.
- Die eise en besware van die tekstielreus Ramatex vir bykomende grond, oor die Agoa-II-ooreenkoms en probleme rondom TransNamib en Namport het die afgelope 24-uur sedert ’n hoëvlakbesoek aan die Eerste Minister, mnr. Theo-Ben Gurirab, begin uitrafel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie