No Image Caption

20 jaar gelede

Maandag 9 September 2002

- Teen gisteraand moes die organiseerders van die protesoptog van die Jeugbrigade na Staatshuis opgesluit wees en President Nujoma het opdrag gegee dat enige persoon wat die jeugbendes gehelp het om in Windhoek te kom, saam met hulle opgesluit moet word.

- Geen onteiening van plase sal sonder meer plaasvind nie, maar kommersiële boere moet kennis neem dat die Regering op aanbiedinge was.

- Die bevordering van volgehoue gesprekvoering is broodnodig om konflik tussen kulture by te lê.

Dinsdag 10 September 2002

- ’n Bende swaar gewapende rowers het gisteroggend in ’n skietgeveg met ’n sekuriteitswag op die parkeerterrein van Maerua Mall in die middestad van Windhoek betrokke geraak.

- Eerste Minister Theo-Ben Gurirab het gister tydens ’n besoek van die Statebond se sekretaris-generaal, mnr. Donald McKinnon, weer gesê dat die regering, land en streek nie ’n herhaling van die Zimbabwe-situasie in Namibië kan bekostig nie.

Woensdag 11 September 2002

- President Robert Mugabe van Zimbabwe se grondhervormingsbeleid is gister by die Statebond se parlementêre konferensie vir die eerste keer deur die Karibiese eiland, St. Lucia in Windhoek op die agenda geplaas en in die openbare arena veroordeel.

- Honderde inwoners van Usakos het gister in ’n vreedsame optog na die polisiestasie op die dorp beweeg en gepleit vir die inwoners se samewerking in die bekamping van misdaad en gevra dat tronkstraf van tot 50 jaar vir enige aanvalle op buitelandse besoekers opgelê word.

Donderdag 12 September 2002

- Namibië het gister saam met die grootste gedeelte van die mensdom stil geraak om meegevoel met die Amerikaanse volk en die naasbestaandes van die persone wat in die terreuraanval van 11 September 2001 in New York en Washington gesterf het, te betuig.

- Rolspelers in Namibië se visverwerkingsbedryf het gister ’n laaste waarskuwing gekry dat rooi kaarte teen ongeoorloofde spel uitgereik gaan word.

- Die politieke beleidmakers in Namibië raak toenemend ongeduldig omdat regeringsprogramme nie tydig geïmplementeer word nie.

Vrydag 13 September 2002

- Gewapende mans het gister met ’n buit ter waarde van meer as N$100 000 in die vorm van kontant, vuurwapens en goedere weggekom in twee waaghalsige rooftogte in die sentrale kusgebied.

- Die vierde bankrente-skok tref Namibië aanstaande week, ná die Suid-Afrikaanse Reserwebank gister ’n verhoging van 100 basispunte in die repokoers (die koers waarteen die SARB geld aan handelsbanke leen) aangekondig het.

- Die landswye staking deur werkers van TransNamib kan die rem van die karwei-reus aandraai, sou daar nie gehoor gegee word aan eise wat deur die Namibiese Vervoer- en Verwante Werkersvakbond (Natau) gestel word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!