20 jaar gelede
Maandag 23 September 2002
- Namibië staar ’n diplomatieke krisis met veral Duitsland en Suid-Afrika in die gesig weens die regering se verklaarde voorneme om plase van afwesige grondeienaars te onteien.
- ’n Sterker verhouding ingevolge beleide, programme en projekte moet met verskeie instellings geskep word om die verwagtinge van huisloses en dié wat hul behuisingomstandighede en -geriewe wil verbeter, te bereik.
Dinsdag 24 September 2002
- President Sam Nujoma het gister in sy boodskap van gelukwensing aan die herkose Duitse Kanselier, mnr. Gerhard Schroeder, die hoop uitgespreek dat dit die weg kan baan vir die konsolidering van die spesiale bande tussen dié twee lande.
- Die regering gaan versoek word om jaarliks aan die kongres van die Namibiese Landbou-unie (NLU) inligting oor grondhervorming te verskaf, ingevolge ’n besluit wat op hul pas afgelope 56ste jaarkongres geneem is.
Woensdag 25 September 2002
- Die Windhoekse munisipaliteit het gister in ’n sterk bewoorde verklaring te kenne gegee dat hy nie langer kan duld dat Ramatex regulasies verontagsaam en buite behoorlike strukture werk nie.
- Misdaad is besig om Namibiërs op hul knieë te dwing en benewens die vlaag van gewapende rooftogte, moord en diefstal, het gewapende motorkapings nou ook weer begin opvlam.
Donderdag 26 September 2002
- Die eerste besending van ’n Amerikaanse skenking koring ter waarde van nagenoeg N$30 miljoen gaan Namibië later vanjaar bereik.
- Namibië is ’n land onder beleg van ’n misdaadgolf en staar uitwissing in die gesig net soos ’n mens wat deur die MIV-virus besmet is.
Vrydag 27 September 2002
- Twee mense het gesterf toe ses koeëls gisteroggend op Hentiesbaai die lewens van twee mense geëis en snykundiges op Swakopmund om die lewe van ’n derde man laat veg het.
- ’n Sin vir oorlewing en naasteliefde het die afgelope paar dae na die brand wat ’n groot deel van die Karl Albrecht Tehuis vir Bejaardes op Grootfontein vernietig het, ’n bedroefde gemeenskap saamgebind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie