No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 25 November 2002

- ’n Bloedmonster in ’n kluis van die Walvisbaaise polisiekantoor kan ’n groter invloed op die boksloopbaan van die kampioen van die Wêreldboksorganisasie in die junior middelgewigafdeling, Harry Simon, hê as die beserings wat hy in ’n noodlottige ongeluk opgedoen het.

- ’n Klag van die onwettige vervoer en moontlike uitvoer van ’n leeu en twee luiperds word deur die Ministerie van Omgewingsake en Toerisme oorweeg nadat mnr. Daniel Radziej van die Camp Gecko Ranch in die Namib Donderdagnag by die Noordoewer-grens vasgetrek is.

Dinsdag 26 November 2002

- ’n Eie olie-raffinadery vir Namibië het nóg ’n stap nader aan die werklikheid beweeg met ’n aankondiging deur die Nasionale Petroleum Korporasie van Namibië, Namcor, oor onderhandelinge met Nigerië oor die vestiging van só ’n aanleg.

- Meer duidelikheid oor die verhuringsooreenkoms van die Boeing 747-400 tussen Air Namibia en Air Gabon sal na verwagting vandag verkry word nadat die regspan van Air Namibia gister voorleggings en aanbevelings aan die direksie gemaak het.

Woensdag 27 November 2002

- Namibiërs kan begin regskuif vir ’n nuwe jaar vol beloftes met die Suid-Afrikaanse rand wat nou die blinkste ster op die globale wisselkoersverhoog geword het deur binne ’n jaar met 32 persent teen die Amerikaanse dollar te versterk.

- Die Nasionale Vergadering was gister deur ’n onheilspellende stilte omhul toe die Minister van Gesondheid die jongste uitslae van die regering se MIV/vigsondersoek bekend gemaak het.

- Geld mag nie ’n versperring tot regspraak word nie, sê die Premier, mnr. Theo-Ben Gurirab.

Donderdag 28 November 2002

- Die oplettendheid van ’n sekuriteitsbeampte en flink samewerking deur die polisie het ’n vermeende gifstrooier agter slot en grendel laat beland nadat hy met ’n sak Weense worsies betrap is waarin dodelike hondegif glo geskuil het.

- Wettige aborsies in Namibië sal nie binne die volgende tien jaar deur die Regering of die Namibiese gemeenskap goedgekeur word nie, ten spyte daarvan dat minstens 2 300 aborsies per jaar plaaslik gedoen word.

- Sanlam en Ou Mutual het gister ’n totaal van N$14,3 miljoen aan die regering oorhandig vir heffings verskuldig aan die staat sedert die demutualisering van dié maatskappye in 1998.

Vrydag 29 November 2002

- Swaar, welkome reënbuie het tot gister nog veral oor die noordelike dele van Namibië uitgesak.

- Droogtehulp in die Hardapstreek het steeds nie die honger gemeenskap bereik nie en na verwagting kan daar moontlik eers teen volgende week met die verspreiding van kos na sekere dele in die streek begin word.

- Die reservering van topposte in die staatsdiens, staatsdepartemente en semi-staatsinstellings vir lojale en oortuigde lede van Swapo, is ’n direktief van die party wat uitgevoer moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!