20 jaar gelede
Maandag 8 Desember 2003
- Die eienaar van die plaas Askeveld in die Otavi-omgewing het voor die naweek sy been verloor ná ’n pedalje met ’n luiperd wat sy kleinwild gevang het.
- Die hof sal vandag moet besluit of Nudo se registrasie as onafhanklike politieke party deur die direktoraat van verkiesings Vrydag wettig was.
- Die Padowerheid (RA) het ’n gevorderde rekenaarstelsel van N$5,1 miljoen betaal en laat installeer sonder dat die kontrakvoorwaardes deur die voorsiener nagekom is met die gevolg dat dié stelsel ná ’n jaar steeds nie operasioneel is nie.
Dinsdag 9 Desember 2003
- ’n Skandlys met die name van minstens 11 politici is gister in Windhoek aan die media voorgehou as ’n voorbeeld van hoe die volk se verteenwoordigers in die hoogste wetgewende instellings van Namibië die landswette misken.
- Die sterk Namibiese dollar teenoor die Amerikaanse en Europese geldeenhede is gister op Walvisbaai op kabinetsvlak as moordenaar in die visbedryf bestempel.
- Namibië het sy spyt uitgespreek oor die onvermoë van die Statebond om die 20-maande lange skorsing van Zimbabwe op te hef en die gevolglike bedanking van die Mugabe-regering uit die wêreldorganisasie.
Donderdag 11 Desember 2003
- Die Nasionale Vereniging vir Menseregte (NSHR) het in ’n onlangse verslag bekend gemaak dat die menseregte-situasie in die land aansienlik verbeter het.
- Namibiërs staan op die drumpel van ongekende ekonomiese welvaart en sal die Nuwejaar betree met die laagste rentekoers in ses jaar.
- Rehoboth se gemeenskap was gister in rou gedompel oor die dood van ’n geliefde Basterseun wat die spore in die gemeenskap getrap het.
- President Sam Nujoma beskou die afgelope Statebondberaad in Abuja, Nigerië as ’n mislukking en sê die onvermoë van die organisasie om nie die skorsing teen Zimbabwe op te hef nie, is op ’n rassegrondslag geskoei.
Vrydag 12 Desember 2003
- Namibië se ekonomiese voorspoed vir 2003 het gister sy hoogtepunt bereik toe die Bank of Namibia (BoN) vir die vyfde keer vanjaar die repokoers verlaag en verbruikers toegang tot die laagste rentekoers in minstens ses jaar gegee het.
- Vyf ure ná ’n gru-plaasmoord in die Khomas Hochland gepleeg is, het knap speurwerk van die ernstige misdaadeenheid ’n einde aan die pad van die vermeende moordenaar gemaak.
- Die groot beweging om Namibië se kleinvee hier te lande te verslag en te verwerk voor ’n enkele skaap of bok op die hoef na Suid-Afrika uitgevoer kan word, het gister tot niks gekom toe die Vleisraad voor ’n regsopsie deur invloedryke kleinveeprodusente, handelaars en vervoerders moes swig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie