20 jaar gelede (002) Logo
20 jaar gelede (002) Logo

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 26 Januarie 2004

- Misbruik van leningstelsel ten opsigte van regstellende aksie vir die aankoop van plaasgrond deur ryk voormalige agtergeblewenes het daartoe gelei dat dié skema hersien gaan word.

- ’n Oortreding van die reëls ten opsigte van inmenging met getuienes van die kommissie van ondersoek na die RA, is op die drumpel van ’n internasionale verleentheid ná die Duitse ambassade by ’n persoonlike vere ingetrek is en ’n Duitse ingenieur nou deur die kommissie aangekla is.

- Politieke oorwegings van wêreldmoonthede om eerder handelsbetrekkinge met die Suider-Afrikaanse Doeane-Unie (Sacu) as die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) aan te knoop, dra tot spanning in die streek by, het die eerste minister, mnr. Theo-Ben Gurirab, gesê.

Dinsdag 27 Januarie 2004

- Minstens ses mense het reeds in die noordelike Kavangostreek verdrink nadat die Kavangorivier rekordvlakke bereik het en ’n vloed in dié streek dreig.

- Twee insittendes van ’n ligte vliegtuig het gisteroggend die dood naelskraap vrygespring toe hulle ’n noodlanding op die strand onder die duin by Hentiesbaai moes uitvoer.

- Vier honde wat landmyne uitsnuffel het Saterdag op ’n vlug vanuit Frankfurt in Windhoek aangekom.

Woensdag 28 Januarie 2004

- Dertien vermeende Caprivi-afstigters kan vrygelaat word indien die staat nie vandag hul aansoek om ontslag suksesvol teenstaan nie.

- Pres. Sam Nujoma het gister die pas aangegee vir wat hy bestempel het as “’n besige jaar wat op politieke front vir Namibië voorlê”.

- Die uitslag van forensiese toetse na die middel wat glo gebruik sou word om minstens 200 mense deur drank in cuca-winkels te vergiftig, hou die sleutel tot een van mees bisarre bewerings van massamoord ooit in die geskiedenis van die land.

- Die Meobbaai-skipbreukelinge wat aan die einde van verlede jaar suid van Walvisbaai op wonderbaarlike wyse aan die dood ontkom het, se toekoms is steeds onseker.

Donderdag 29 Januarie 2004

- Aanklaers in die Caprivi-verhoor verseg dat 13 vermeende afstigters ontslaan word voor hulle op die hoofklagte, waaronder hoogverraad, sameswering en moord, kan antwoord.

- Die prosedure van die kommissie van ondersoek na die Padowerheid (RA) en Padfondsadministrasie is gistermiddag tot stilstand geruk toe ’n getuie versoek het dat hy in camera aangehoor word uit vrees vir viktimisasie.

- Die skade wat deur die onlangse hewige reën en gepaardgaande vloede in die stad veral in Klein Windhoek aan die rioolpype veroorsaak is, sal die stadsraad meer as N$1 miljoen uit die sak jaag.

Vrydag 30 Januarie 2004

- Die IGCSE-uitslae van verlede jaar is die beste ooit sedert die Cambridge-stelsel in 1995 in Namibië geïmplementeer is.

- Landerye langs die Zambezirivier in die Caprivi is reeds onder water, terwyl inwoners van nedersettings in die vloedgebiede begin om na droër omgewings te trek.

Kommentaar

Republikein 2024-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 22° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 23° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 23° | 35° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 22° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 25° | 38° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 18° | 25° Lubumbashi: 16° | 30° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 33° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 17° | 23° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 33° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!