Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Aan alle Namibiese vroue

Mandy Rittmann
DIRK VAN ZYL SKRYF:

Opgedra aan al die vroue in Namibië. So moet julle gesien word.

“As die mooiste blomme *kongregeer, hul pragte te *eksposeer,

en julle stap verby, sal hul koppe draai om eer te betoon.

Bewondering van die aanskouers sal sorg dat hulle,

hul eie selfsug vergeet, en hulself sal onttroon.

As donderwolke saampak in die hartjie van die droogte,

en julle word deur hulle raakgesien,

dan hou hulle die kosbare vrag terug,

om eers vir julle genoegsaam te bedien.

Die see raak stil, en die branders kom tot rus,

as julle op die strand jul verskyning maak.

Julle sjarme is die oorsaak van hul handeling,

wat selfs die natuur se funksies raak.

Dis die skoonheid vanuit julle siele,

wat alles en almal om jul laat lewe.

Die mooi van julle karakters wek *relevante dade,

wat ander meer en meer na julle laat strewe.

Uit julle monde rol die woorde van bekoring,

dis woorde, net deur God bedien.

Julle leefwyse getuig, julle lewe is Christus,

Julle is die skepsels waardeur ons die liefde sien.

God het vir julle, en jul mans hervorm,

om bymekaar te pas, en een vlees te wees.

Wanneer koppe draai, net deur julle te aanskou,

is ons dankbaar, ons is ook een in die gees.

Die mooiste mooi, kom altyd van binne,

uit die verstand van húlle - deur God beheer.

Ander sal julle sien, en hulle sal julle volg,

om soos julle, van duister na lig te bekeer.

Ons is nie skaam vir julle nie,

julle sal ons sien soos ons verstaan.

Julle Vader, en ons Vader, is een Vader,

ons het deur dieselfde Woord ontstaan.

Vir ons bly julle die mooiste - julle is uit liefde,

en net wat julle is, kan julle ons bied.

Dankie, julle was vir ons beskore -

saam sing ons nou die segelied.

Ons sien al hierdie dinge in ons harte,

want dis die beeld wat julle vertoon.

Om tot die laaste dag, met al julle prag,

by ons tot die einde toe te woon.

*Kongregeer = vergader *Eksposeer = vertoon *Relevante = betekenisvolle

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!