Aasvoëls by Natis
WILLEM DE WET SKRYF:Ek het nou so pas die tweede keer deurgeloop onder die boewe, wat by Natis aan die noordekant van Windhoek, dit hul werk maak om jou kar te strip van alles wat hulle kan afbou, terwyl jy gedienstig en gedwee in die ry staan en jou beurt afwag, om soos ’n boef behandel te word.
Hulle sit die heel dag daar rond en het alles byderhand, om onder die neus van die wetstoepassers op hulle werf jou bybehore af te bou en jou gestrand daar te laat, en dit terwyl daar sulke trae, kamma sekuriteitswagte daar rond drentel om kamma jou kar op te pas. Ek vermoed egter eerder, dat hul hooftaak is om die boewe te waarsku as jy dalk vroeër sou uitkom as verwag en hulle kry darem seker ’n fooitjie vir die kwevoël-takie wat hulle daar verrig.
Die eerste maal my lorrie se batterye, spaarwiel en diesel gesteel en nou my bakkie se spotlights. Hulle het tools, dieselkanne en transport gereed, om jou goed af te bou en weg te ry in die tyd wat jy binne staan, en dit gebeur daagliks en Natis doen niks daaraan nie. Wonder of hulle ook deel in die buit?
Is dit nie Natis se plig om hul kliënte se eiendom op hulle werf te beskerm nie, of moet elkeen nou daar opdaag met ’n gewapende lyfwag om sy kar op te pas, terwyl hy gou ’n lisensie gaan hernu?
Nee magtig, so kan dit nie aangaan nie! Jy word deur die Natis-stelsel gedwing om die roofakker te besoek, want sekere van die voertuig verwante take kan net daar gedoen word. So jy word teen jou sin in die hinderlaag ingelei, en as jy kla oor die boewery kry jy daai dowwe skaapoogkyke met skouers opgetrek en voorkop in ’n frons. Niemand vat verantwoordelikheid nie. Almal plunder saam.
Ek dink die publiek moet eenvoudig weier om die plek te besoek tot tyd en wyl die sekuriteit daar opgeknap is. Hoe moeilik kan dit wees vir een staatsverwante-departement om ’n ander een te kry om die skurke daar te kom vasvat? Plaas dat die polisie ophou om op diens te sit en slaap, dan kan hulle mos die lot daar loop verjaag of ry die poelieskarre dalk die parte rond soos die NamWater se manne die vis van die Swakoppoortdam karwei na die afsetpunte?
Wil Natis nie maar die parkering op tender uitsit, dat ’n privaat ou dit oorvat en vir ’n fooi die karre inlaat, oppas, was en ’n lewe daaruit maak, want Natis self sal dit nie kan regkry nie.
Aluta continua!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie