Afrika. . .
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Vrinnelik met plooie groet
Afrika warm in my bloed
Duinsand tussen die tone
Afgespoel inni oseaan blou.
Mosaïek-legkaart ingeweef
Tuis waar ons leef
Van die Nyl, Afrika bo
Kokerboom, suid ons glo.
Suid van Tafelberg kleed
Loop ons deur dorre woestyn
Voete natgemaak te Okavango
Groet ons Savanna groen.
Ewenaar verdeel ons vreedsaam
Sneeu op Kilimanjaro
Padlangs geswem inni Nyl
Sahara begrawe die piramide.
Wyse manne uit die ooste
Glimlag sonsak inni weste
Naglug-sterre hemel gloei
Bloue oseaan my maag gevoel.
Van die onner die kors
Glimlag metale skitter blink
Afrika ons huis
Ja-ja, ons is tuis.
Vrinnelik met plooie groet
Afrika warm in my bloed
Duinsand tussen die tone
Afgespoel inni oseaan blou.
Mosaïek-legkaart ingeweef
Tuis waar ons leef
Van die Nyl, Afrika bo
Kokerboom, suid ons glo.
Suid van Tafelberg kleed
Loop ons deur dorre woestyn
Voete natgemaak te Okavango
Groet ons Savanna groen.
Ewenaar verdeel ons vreedsaam
Sneeu op Kilimanjaro
Padlangs geswem inni Nyl
Sahara begrawe die piramide.
Wyse manne uit die ooste
Glimlag sonsak inni weste
Naglug-sterre hemel gloei
Bloue oseaan my maag gevoel.
Van die onner die kors
Glimlag metale skitter blink
Afrika ons huis
Ja-ja, ons is tuis.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie