No Image Caption

Ai tog, waar’s haar huis?

PEET VENTER (SNR) SKRYF:

Sy loop straataf in Elisenheim. Niks ouer as twee jaartjies nie.

Haar treetjies is nog onseker, want die randsteen is vir grootmense.

’n Oupa-motoris het hoeka al gerem en sit en pas haar nou op met baie vrae wat deur sy kop maal: Waar’s die ma, of nênnie, of die pa wat mos nou goewermentstuiswerk op sy rug geniet?

Maar dis net sy en die oom aan die oorkant van die straat.

Grubeelde van ’n lykie in ’n street bin of in ’n vlak graf is mos nie net fykerige fopnuus nie? En wat van ’n ding soos ’n pêdoefiel miskien?

Sekondes word minute en die sweet slaan nou op die oom se voorkop uit. Ai tog, waar’s haar huis?

Nou roep hy haar amptelik op Ingels: “Hey, how are you? Come here! This is oupa”.

En sy kom wragtag nader!

“Where’s your house?" (Sy sluk en huiwer.)

"Where’s mamma?" (Nie boe of baa nie – koppie draai net terug.)

Uit ’n ander straat kom ’n dabbelkêb met sy braits aan; stadig, soekend. O toggie! – Sy gaan nou geskaak word, want hy’t reeds langs haar gestop en begin uitklim.

En toe praat die ou Superman: “Who are you? You can’t take her!”

Symste tyd toe founkliek oupa al klaar die bakkie se registrasienommer. Die verdagte kaper verander skielik in ’n baie verligte, maar kwaai pappa. Die veilige ouerhuis word drie straatblokke verder uitgewys. Die getjêt-tjêttery in ’n vreemde dialek tussen pa en dogter oortuig Superman om liewer die aftog te blaas.

(Ek wou so graag klappe uitdeel – beginnende by die nênnie en ma.)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!