As jy ver bly, verlang jy
Ek staan vir die hoeveelste keer iewers in die Wes-Kaap in die betaalry van ’n winkel. Ek het lankal opgehou tel, maar dit kon dalk ’n honderd keer of sommer heelwat meer kere gewees het wat ’n belangstellende party my dié vraag gevra het.
Maak nie saak of dit op Riversdal, Parow, Stilbaai, Saldanha of Worcester was nie. As iemand in die omtes hoor jy kom eintlik van Namibië af, wil hy of sy terstond weet of jy nie vir ou-Faan van Grünau, tannie Ralie van die plaas Moedswillig naby Gobabis, sy neef Pieter van Rundu of Simon van Ondangwa ken nie.
Dit wou vir my voorkom of iemand uit die verre land van brawe burgers en verre verlatenheid ’n tipe magnetiese aantrekkingskrag vir Suid-Afrikaners gehad het wat met ’n goeie skeut romantiek en dalk ook heimwee vir hulle afgerond was.
Of jy nou wel vir so en so ken na wie jou gespreksgenoot aanvanklik verneem, of nie, het nie veel van ’n rol aan die uiteinde van jou nuutgevonde bewonderaar se sienswyse of entoesiasme gemaak nie. Veral jonger mannetjies was skaamteloos beïndruk met jou en die vroue wou graag weet of jy nie toevallig ’n ongetroude neef of ding het wat as ’n Namib- of Kalahariboer bekendstaan nie.
“Oooo, hulle is sulke ruwe aantreklike groot sterk mans. Enige vrou se droom,” het die vroue gereeld geswymel, terwyl ek gereed gestaan het om haar te vang indien sy van opwinding ineen sou stort.
Min het sy geweet van alleen op ’n paas sit, ver van enige môll en tjek-hers of piek en py, terwyl manlief vir baie aande eers lank ná middenag uit die veld by die huis gaan kom.
Ek het maar stilgebly en die onskuldige slagoffers gelos om verder van haar Namibsridder te droom terwyl sy swik-swik op haar hoë hakkies verder trippel terwyl sy ’n lyn na haar vriendin op haar selfoon gooi.
Met mans word die gesprek meer as dikwels ná die betaalpunt voortgesit en gaan maak ’n draai by sy dienspligdae op Katima of Ruacana, of toe hy en sy pelle daai een jaar vir drie weke op Henties gaan visvang, of gaan jag het.
Gewoonlik het die manne só lekker gekuier dat daar nooit by hengel uitgekom is nie en vis moes gekoop word om as bewyse tuis in die Kaap by die vrouens in te dien. So asof hulle om darem wou wys dat hy hom wel vir dae lank langs die Namib se viswaters afgesloof het om spesjinjaal net vir haar ’n vissie huis toe te vat terwyl sy alleen in sak en as by die huis moet sit.
Baie keer is die persoon te jonk om enige iets van Namibië, sy mense of die leefstyl hier by ons te weet. Van die mense het al van Namibië en sy legendes gehoor wat oor die jare soveel stertjies bygekry het. Daar word geglo daar is manne en vroue wat hul broeke met pofadders en geelslange vasmaak, leeus kaalhand ’n paar klappe gee en van ’n bakkie af ’n gemsbok katswink kan duik.
Dit kom as ’n sêvraag soos: “Ek hoor daar was daai broers wat gereeld vir die sports op mekaar geskiet het, en dan was hulle nie eens gedrink nie.”
Of: “Ek het gehoor daar was ’n oom wat so sterk was dat hy sy astrante stoetbul se nek eendag morsaf gebreek het toe dié hom vir die hoeveelste keer wou karnuffel.”
Die vrae en stories was oneindig. Aan die begin het ek my nie veel aan die Kapenaars gesteur nie, maar later het ek ’n perverse genot daaruit geput om die manne se fabels verder te stook en het sommer self van die dae vertel toe tiere nog in Windhoek se strate rondgedrentel het.
Dan het ek self van my geboorteland en sy mense gedroom waar die wye vlaktes, duine, kameelbome met sy versamelvoëlneste, noeniebome, Swakop en Henties met sy kabeljou en galjoen, gemsbok- en springbokbiltong en vele ander bekende trekpleisters my geroep het.
Toe kom kyk ek maar self of daar nog sulke mense is soos wat die Kapenaars my van vertel het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie