Behoede jou nalatenskap as geliefdes sterf
ANONIEM SKRYF:
Verwysing na corruption, theft, embezzlement in deceased Estates brief van 26 September. Bravoooo aan die skrywer van die artikel. Dit is tyd dat die MOJ drasties intree by "deceased estates accounts". Die Ombudsman moet drasties intree as die publiek hul ongewenste dienste aangee. Dit gebeur ook nie. Kuratorskap is ‘n joke by die MOJ. Kurators word ook nie teen opgetree nie. Jy wag tot twee jaar vir ‘n sesmaande-kuratorskap se laste- en baterekening van ‘n afgestorwene. Dus kan die boedel nie begin voor daardie rekening afgehandel is nie. Intussen is die rekening gevries en nagelatenes moet hul eie fondse gebruik, om hul geliefdes en hul eie lewens te bestuur. Antwoorde van die Deputy Masters kry jy ook nie, behalwe om te wag. Jy betaal hul salarisse deur Tax, maar word behandel soos ‘n verleë wandelaar. As jy weet wat goed is vir jou, wag jou beurt af. Die Meester is ongelukkig nie in beheer van hierdie afdeling nie, en dit is chaoties en 'n boetjies-vir-bantjies-sisteem.
Hoe moet families vir jare uitgawes dra? Wwant as hul die kurator toelaat om voort te gaan met die L&B rekening, tap hy dit leeg. Om nie eers te noem van die Estate Administrators wet van 1966 nie. Dit bepaal binne ‘n maand van afsterwe moet die rekening ingedien word. Indien nie sal die Meester redes verskaf waarom nie. Geen redes word verskaf, geen kommunikasie word op skrif gesit deur MOJ nie, jy moet net bek hou en wag.
Wat se diens is dit? Ons is nie tevrede daarmee nie. Ons as publiek verwag dat die Ombudsman moet sy werkers en hul omstandighede waaronder hul moet werk aantree. Nee man, moet net nie dood gaan nie. Behoede jou siel!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie