Behuising vir behoeftiges
D. POTGIETER, OUD-WINDHOEKER SKRYF:
Ek lees vir baie jare tot my hoë ouderdom van stede en dorpe wat behuising aan behoeftiges in skuilings wil verskaf, maar fondse skiet tekort of word deur korrupsie gekortwiek.
Nou eers besef ek werklik waaroor dit gaan, naamlik dat daardie mense meestal vir ons bevoorregtes werk. Al is dit by wyse van deeltydse ambagswerk of tuinwerk en verdien hulle nie ’n huisie wat ’n belegging kan word en veilige blyplek teen die weer voorsien nie?
Ek onthou ek het lank gelede my huishulp gehelp om ’n goeie ou huisie te koop van geld uit ’n begrafnispolis wat ek die premies betaal het en die langtermyn-sekuriteit en vreugde wat sy kon geniet. Sy bel my nou nog elke jaar om my te groet, al werk sy vir 17 jaar nie meer vir my nie.
Ek sal waardeer as u die beginsel hierbo genoem, kan bevorder in u nuus. Inwoners wat belasting betaal, moet opgeskerp word dat van daardie geld vir hulle werkers se behuising geoormerk word.
Beste daar.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie