Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Belofte

Mandy Rittmann
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

Was ek maar ’n weerprofeet

Sou ek als van reent af weet

Oggendlug is skoon verwar

Donner weer, blits en reent verwar

Op de knieg gaan ek neer

Oë na Bo ek glo

Dankbaar O grote Heer

U skrif met kop geboë

’n Belofte van reent

’n Traan teen die ruit

God’s belofte vir seën

Druppels vorm ’n spruit

’n Reent boog oppi rant

’n Druppel hier en daar

Reent plof op warm sand

God’s belofte voorwaar

Volstruisgras en narrabos

Welwitschias twee swaard blaar

Reent druppels het ’n spoor gelos

Gemsbok die huppel sowaar

Kommentaar

Republikein 2025-04-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer