No Image Caption

Beloftes maak skuld

Mandy Rittmann
ANDRE BLAAUW VAN KEETMANSHOOP SKRYF:

Minister Calle Schlettwein, baie dankie vir die belofte by die opening van die skou op Keetmanshoop dat grootskaalse ontwikkeling van die Neckartaldam volgende jaar in aanvang neem. Ek hoop net nie dit is net verkiesingsbeloftes nie.

Keetmanshoop met ’n redelike groot inwonertal word op die agtergrond geskuif met al die verwikkelinge op Lüderitz. Die mense staan op straathoeke in die hoop vir ’n werkie om brood op die tafel te kry.

Die grondlegging het al in 2013 plaasgevind. Dis tien jaar later en steeds het nog feitelik niks gebeur nie. Die boere in die omgewing kry swaar en moet werkers laat gaan.

Na alles is Keetmanshoop strategies geleë met ’n hoë standaard lughawe wat basies in bruik verval het.

Asseblief, ons maak staat op die beloftes.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!