No Image Caption

Bespoediging van boedels

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

Verwysing na briewe van 26 en 28 September: “Diseased Estates Accounts” en “Corruption, Theft, Embezzlement”.

Baie dankie aan Republikein se redakteur en joernalis Kristien Kruger wat namens die ministerie van justisie vir Jan Alleman gerapporteer het oor die bespoediging van boedels, as gevolg van die “verouderde” wet van Administrasie van boedels, 1965, wat die ministerie gaan herroep en wysig. Amen, amen, amen.

Ons leef in 2024. My goeiste die wet is 59 jaar oud! Hoe op aarde kon die ministerie nog nooit dit hersien het nie, die loopholes wat deur prokureurs, administrateurs en kurators misbruik word ten koste van erfgename en dan is ons landsbestuurders besorgd oor Hydro Energy/Green. Het u vergeet dat u ook sal doodgaan en ’n dilemma op jou wag? Hoe Green wil jy nou eintlik doodgaan?

’n Tekort aan menslike hulpbronne minister Dausab, terwyl werkloosheid hoogty vier? Stel adjunkdirekteure aan.

Brei na meer dele in die land uit as net Windhoek en Oshakati!

Verbeter elektroniese stelsel, ons is in 2024 nie meer 1965. Maak dokumente meer gebruikersvriendelik.

Maak die skuiwergate toe, prokureurs abuse ons!

Bring die rewolusionêre selfhersiening van besluite in.

Maak ’n studie van jul klagtes, “professionele beamptes” is ’n klug, hul misbruik en wanbestuur ons bates!

Kry sekuriteit vir trustrekeninge. Kry spertye, plaas ernstige sanksies toe!

Beskerm die integriteit van die proses. Konsulteer met die publiek en teikengroepe.

Kyk na ander lande en hul prosesse! Gebruik die media om landsburgers in kennis te stel van jul vordering by die ministerie van justisie.

Vergeet van Green Energy, dis anyhow Red!

Begin by die fondamente van die volk, “Clean the house and build for the future”.

Viva Namibia!



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!