No Image Caption

Boere se belangrike bydrae op Gochas

PIET VAN ZYL SKRYF:

Ek wil graag reageer op die berig “Regering se hulp gevra om Gochas te ontwikkel” in die uitgawe van 10 Junie 2022.

Hierdie is vir my ’n voorbeeld van swak joernalistiek, want in enige saak waar twee partye ter sprake is, is dit net goeie beleid om beide partye aan te hoor. Hier is bewerings gemaak deur jongmense wat hulle self identifiseer deur die regering skuld te gee dat die jeug gedwing word tot alkoholisme. Hierdie selfde jeug beweer dat die boere swak salarisse betaal.

Indien julle die feite wou hê, kon julle die NLU of LWV geskakel het en hulle sou julle kon inlig dat daar jaarliks ’n loonopname gedoen word onder die boere, en dat hierdie opname jaar vir jaar toon dat boere ver bo die minimumloon betaal. Die bewering dat slegs ’n handjievol mense op omliggende plase werk, is ook van alle waarheid ontbloot, aangesien die boere van hierdie land, kommersieël en kommunaal, een van die grootste indien nie die grootste werkverskaffer is.Die plaaswerkers en hulle families is afhanklik van die boere en baie mense baat indirek, byvoorbeeld ouers en ander familielede.

Kom ons neem as voorbeeld ons eie werkers:

Hulle kry maandeliks ’n slagding per gesin, wat tussen 24 en 33 kg weeg, wat hulle self uitsoek uit my hameltrop, waarvan ons huis ook eet; nie eers ’n voorreg wat my eie kinders het wat in die stad en dorp bly nie, Selfs die vel word vir hulle inkomste verkoop.

Gratis huisvesting, gratis elektrisiteit, gratis water, gratis vuurmaakhout, gratis melk, tot so ’n mate dat hulle genoeg het en nog kan opgaar en Sondae vir hulle families saamvat en nog oor het om te verkoop.

Hierdie werkers het tussen 12 en 15 jaar by ons gewerk en werk steeds vir ons. As dit dan so sleg gaan op plase met lae lone en wat nog, sou dit enige werker inspireer om so lank vir ’n werkgewer te werk?

Ander voorbeelde van boere se betrokkenheid:

Dieselfde me. Lisma Swartz wat hier aangehaal word, kon ook vir die koerant gesê het dat sy ’n kleuterskool in die Nama-woonbuurt begin het, waarvoor sy kosskenkings, verf, boeke, lappoppe met klere en 'n klimraam ontvang het. Sy het ook nie minder nie as N$30 000 deur ons kerkkantoor ontvang, deur boere geskenk, en sy het nooit nodig gehad om vir een fotostaat te betaal nie.

Verlede jaar het boere weereens vir die polisie se jaareindfunksie slaggoed gegee, wat op een van die boere se plaas verwerk is, opgesaag is en saam met slaai wat sy vrou gemaak het, asook koeldrank in pakkies opgemaak is vir hulle om te geniet.

Ook die koöperasiewerkers kan getuig van vleisskenkings deur boere.

Die Woord leer ons dat jou linkerhand nie moet weet wat jou regterhand doen nie, maar as gevolg van swak beriggewing word ons nou as't ware forseer om dit te doen.

In hierdie jaar het een van my koeie ’n moeilike geboorte gehad en haar bekkenbene beseer. Ek het die koei geskiet en ’n bejaarde man van Auobplaat geskakel en gesê hy moet die koei kom haal, wat hom niks gekos het nie, en dit geniet.

Jaarliks word kerspakkies opgemaak deur die plaaslike winkel deur skenkings van boere, besighede, verskaffers en die winkel self, vir bejaardes bo sestig, asook gestremdes. Hierdie kospakkies sluit in vleis, kruideniersware, ensovoorts ter waarde van plus-minus N$400. Na wat ek verneem baat plus-minus 130 mense jaarliks daarby.

Hier kan ook genoem word, dat boere hulle werkers se kinders skool toe en terug ry, asook vrouens wat periodiek voorbehoedspuite moet ontvang, wat dikwels in die week gebeur, m.a.w. in werktyd, waarvoor daar geen koste verhaal word van die werkers nie.

Ek reageer graag in 'n volgende skrywe op stellings oor die sogenaamde "Gochas Business Park" en ander kwessies.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!