Briewe
Briewe

Bom in Walvis se slaghuis

Mandy Rittmann
BLIKBREIN SKRYF:

Republikein, Woensdag 7 Augustus – Lafaards plaas bomme in openbare plekke. Gewone mense sterf, word gewond en getraumatiseer, nie soldate nie.

Het die bomplantende brawe man, of sy politieke bevrydingsparty al ooit pa gestaan vir sy of hul terreurdaad?

Erkenning van die laakbare daad beteken ook boetedoening. Die ordentlike, vergewensdaad is dan om die naastes van die slagoffers te vergoed. Al bring dit nie die ontslapenes terug nie. Die verlies van ouers, bejaardes en vriende het nie ’n kontantwaarde nie, maar om alles onder die sand van tyd te begrawe sal ook geen heling bring vir diep wonde nie.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer