No Image Caption

Boodskap aan mediesefondslede

Sanet Pearson
DR. SOPHIA VAN ROOYEN SKRYF:

Gesondheidsonkostes wêreldwyd word onbekostigbaar en alle rolspelers moet met verantwoordelikheid wyse keuses maak.

As algemene praktisyns (GP’s) dien ons jare reeds ons pasiënte met toewyding en stap saam met u u individuele gesondheidspad.

Die afgelope amper 20 jaar is u hospitaaldekking vir konsultasies en prosedures van GP’s teen 225% Namaf-tariewe deur u fonds gedek. Tog sukkel fondse tans om te onthou waar hierdie “oorbetaling” vandaan kom.

Einde 2022 verminder die fondse u hospitaaldekking na 200%. Op 3 Augustus stel Renaissance Mediese Fonds (RMA) u algemene praktisyns in kennis dat hulle vanaf volgende maand net 125% en 100% van Namaf-tariewe gaan dek vir u hospitaalkonsultasies en -prosedures deur ons gedoen. (Ek glo dat RMA ook sy lede ingelig het).

Ek kan u nie verkwalik as u instinktiewe reaksie is dat GP’s oorbetaal word teen 200% nie. En dat, in hierdie moeilike tye, die verlaging van u dekking deur u fonds van 200% na 125% en 100% heeltemal geregverdig is nie.

As lid van ’n mediese fonds betaal u maandeliks ledegeld sodat die fonds as ’n derdepartybefondser u help om ons rekening te betaal. Wanneer ons meer eis as wat u fonds bereid is om te dek, moet u die pasiëntporsie uit u eie sak betaal.

Maar ongelukkig is dit so dat die Namaf-tariewe nie vir u as pasiënt en fondslid toeganklik is nie. Daarom wil ek vir u voorbeelde gee van 2023 100% Namaf-tariewe GP’s (014) sodat u ’n ingeligte opinie kan vorm oor die vermindering in u dekking.

1. (0103) Konsultasie weg van spreekkamer. (Hierdie sluit reisonkostes en professionele fooie in, asook enige opvolgbesoeke die daaropvolgende 24 uur). Wanneer u GP u by die hospitaal konsulteer en toelaat, later in die dag weer besoek, dalk die nag moet opstaan om te evalueer, is die 100% Namaf-tarief = N$490.

2. (0119) Noodkonsultasie alle ure weg van spreekkamer. (Hierdie moet ’n werklike noodgeval wees, dag of nag, en sluit reiskoste in, sowel as professionele fooi, asook alle besoeke die daaropvolgende 24 uur as u toegelaat word). 100% Namaf-tarief = N$707.50

3. (0109) Hospitaalopvolgkonsultasie. (Dit sluit alle reiskoste, deurlopende verantwoordelikheid, telefoniese en hospitaalkonsultasies in vir die daaropvolgende 24 uur wat u in die hospitaal is.) 100% Namaf-tarief = N$272.10.

4. Eerste konsultasie-huisbesoek N$490. (0112) Opvolgkonsultasie-huisbesoek 100% Namaf-tarief = N$408

5. (2614) Totale koste vir bevalling en ses weke daarna. (Die tarief bly dieselfde as die kraam 16 ure duur en die baba 4:00 gebore word). 100% Namaf-tarief = N$4 540.

6. Narkose vir keisersnit (baie hoë risiko-narkose) van 70 min, 100% Namaf-tarief N$1 422. Die 70 min word bereken wanneer die GP aktief die pasiënt hanteer, geen reis- of wagtyd word ooit ingereken nie.

7. (0300) Wondhegting (sluit nasorg in) 100% Namaf-tarief = N$272.50

8. (0883) Gips aansit vir fraktuur (sluit nasorg in) 100% Namaf-tarief = N$253.

Mediese fondse beweer dat die Namaf-tarief bereken word op wat dit die GP kos om die diens te lewer plus sy professionele fooi. (NMC AGM 2022 Q&A).

Verder word dit verkondig dat meer as 100% Namaf-tarief ’n oorbetaling van die GP’s is en dat die vermindering van u hopitaaldekking geregverdig is.

Om goeie GP’s te wees, is ons lewensroeping. Ek glo ek praat namens baie kollegas wanneer ek sê dat ek moeg is om voorgehou te word as die geldsugtige dokter wat grotendeels vir die hoë gesondheidskostes verantwoordelik is. Soos u self kan oordeel is dit ’n leuen dat die Namaf-tariewe billik is en op koste bereken word. As my inkomste gehalveer word, kan ek nie meer my kostes dek om u as pasiënt te dien nie.

Ek hoop dat die enkele voorbeelde wat ek aan u gee oor die Namaf-tariewe u in staat sal stel om krities te evalueer wat u fonds sê oor u GP en wat u fonds namens u besluit.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!