Boodskap in aanloop tot Kersdag
’n Liefdesgeskenk van God
Dit is amper Kersfees! En Kersfeestyd beteken geskenktyd! Veral toe ons kinders was, het ons ons ore gespits om die een wat die persente bring, te hoor nader kom.
Sommige gesinne wag tot die kinders Oukersaand gaan slaap, voordat die geskenke onder die Kersboom gepak word. Dan die volgende oggend wag die pakkies uitnodigend onder die boom! Onthou jy nog die probeer wakkerbly, die afwagting. . . sommige het die geskenk gekry waarvoor hullr gevra het, ander het tevergeefs gewag.
“Hoe onvergeetlik sou dit wees as ons vanjaar die voetstappe sou hoor van iemand wat ’n geskenk saggies in elke gekneusde hart kom neesit: Onversteurbare vrede, ’n kwitansie vir sonde vergifnis en ’n lint so lank soos die afstand tussen die hemel en die aarde waarop geskryf staan: Onthou, Ek het jou lief! Ek sal jou altyd liefhê en Ek sorg vandag en elke dag vir jou vir die res van jou lewe. Dit is presies wat jy van God ontvang vir Kersfees en elke dag.” (Skrywer onbekend)
My gebed vir vandag:
Here, baie dankie dat U my opnuut kom herinner het vandag dat U my liefhet en dat U die grootste geskenk is wat ek ooit kan kry – die geskenk van my kindskap aan U is my kosbaarste kleinnood en ek dank en loof en prys U daarvoor. Dankie dat U my só liefhet, Here, dat U U Seun gestuur het – ook vir my!
Sleutelverse vir verdere lees wanneer jy stil raak:
Johannes 3:16-17; Johannes 14:27.
– Theresa van Zyl

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie