Boodskap in aanloop tot Kersdag
Oukersdag – ’n gedeelde aand in kerslig
Vandag word nog die laaste dingetjies afgehandel vir Kersdag. Die laaste geskenkies word toegedraai en daar word heerlike kos voorberei. En dan gaan Oukersdag oor in Oukersaand! Baie gesinne maak van Oukersaand iets baie besonders: Sodra dit donker word, word kerse wat keurig in die leefkamer of sitkamer gerangskik is, aangesteek. Die flikkerende lig van die dansende vlammetjies, tower lig en kleurvonkies op uit die Kersversierings, die Kersboom en die opgemaakte geskenkies met hul blink papier of lintjies.
Gesinne kuier gesellig saam, geniet lekkernye met Kersmusiek wat speel en liefde wat soos ‘n stralekrans alles en almal omvou. Niemand is haastig nie en tyd maak nie saak nie. Saamwees, deel en die besef van Kersfees, van Jesus se geboorte, maak ‘n warm gevoel van geluk en behoort in ons wakker en ons is dankbaar. Dankbaar vir God se goedheid, vir Sy voorsiening en sy groot liefde vir ons as mense. Omdat Hy ons liefhet, is dit Kersfees!
Iets om te onthou:
Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik – (1 Johannes 4:12)
My gebed vir vandag:
Heer, dankie vir hierdie dag. Dankie dat U so goed is vir ons en dat ons in hierdie tyd mag saam wees. Help my asseblief, Here om my o? en hart só op U gerig te hou, dat iets van U volkome liefde deur my woorde, my gesindheid en my dade sigbaar sal word. Maak Jesusliefde in my sigbaar, Here, tot U eer!
– Theresa van Zyl

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie