No Image Caption

Briewe vir 17 Januarie 2023

ANONIEM SKRYF:

Dit is nou al lank dat "scammers" onder die name van polisie-offisiere in bepaalde dorpe (in die geval van Okahandja word veral met inspekteur Maletzky se naam gesmous). Mense bel en dreig om geld te betaal weens een of ander sogenaamde misdryf wat hulle gepleeg het of oortreding wat hulle begaan het, anders word hulle summier toegesluit of kom haal om in die hof te verskyn. Let asb. daarop dat geen polisie-offisier so te werk sal gaan soos hierdie "scammers" en die betaling van geld sal eis nie. Daar is voorgeskrewe maniere (bv. lasbriewe wat uitgereik moet word), voordat mense in hegtenis geneem word of in die hof moet verskyn. En verder: as julle weet dat julle nie skuldig is aan of gedoen het wat die beller sê nie, moenie doen wat hulle sê nie, en moet veral nie geld betaal nie. Julle sterk hulle so net in hul kwaad en gaan verseker julle geld verloor. Of sê vir die beller hy of sy moet maar die geld self kom haal en kyk dan of hulle opdaag. Lag hulle dus af en stuur hulle in hul maai. 'n Gepaste kragwoord help ook nogal.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!