Bybelse wysheid
DR. ANNES NELPsalm 140:13: “Ek weet, die Here behartig die regsaak van die hulpelose, Hy sorg vir die reg van die arme.”
Die kunstenaar Leonardo da Vinci het eenkeer gesê dat geduld soos klere teen die koue is. As jy baie klere aantrek, sal jy nie die koue voel nie. Net so moet ons geduld aanleer wanneer ons met mense te doen kry. Dan sal dit ons nie skade kan berokken nie. Dit is verskriklik om in die hande van mense te val! Ek dink almal kan hiermee saamstem. Onreg word deur mense veroorsaak. Ons belaster en maak mekaar dood met ons woorde. Ons het geen verweer wanneer mense sulke dinge doen nie. Wat kan ons teen skinder doen? Dis soos vere in die wind.
Dit het die psalmis se lewe amper vernietig. Hy is stukkend voor God omdat mense hom vernietig het. Hulle blaas vyandigheid aan en belaster hom (140:1-4). Hulle maak planne agter sy rug (140:5,6). Hierdie optrede herinner ons aan Romeine 3:9-23 wat die totale korrupsie van ons woorde en dade beskryf.
Tog weet die psalmis dat onreg nie die finale sê het nie. Die Here sorg vir die saak van die hulpeloses en die magteloses (140:13).
Ons sê dikwels dat die wiel sal draai. Dit is waar. Ons weet nie wanneer nie, maar ons weet dat die Here die regter oor onreg is.
Leer ons om met geduld op U te wag, Here, sodat u Naam verheerlik kan word. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie