Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
(Ps 37:5): “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”
Die evangelie is ’n sak vol beloftes, sê Oepke Noordmans. Terwyl ons vashou aan ons probleme en dit self wil uitsorteer, is ons lewens gesluit vir hierdie beloftes. Al sluit ons onsself af, sê Petrus: Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle (1 Pet 5:7). Jesus sê dat ons met ons moegheid na Hom toe moet kom. Hy gee rus.
Henri Nouwen skryf: Jy voel veiliger om aan jou hartseer verlede vas te hou as om te vertrou dat jy ’n nuwe toekoms het. Daarom vul jy jou hande met klein, klam munte wat jy nie wil laat gaan nie ... So staan jy met gebalde vuiste, geslote teenoor hulle wat wil heelmaak. Wanneer jy dit waag om een van hierdie baie vrese oor te gee, ontspan jou hande en gaan jou handpalms oop sodat jy kan ontvang.
As jy sin in jou lewe wil hê, moet jy die waagstuk aangaan om jou hande oop te maak sodat jy God se heling kan ervaar.
Jy het sin saam met God. Hou op vasklou aan jou vrese.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie