No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

1 Petrus 1:3: “Nou het ons ’n lewende hoop.” (Lees 1 Pet 1:3-10).

Ons hoop dikwels dat môre beter sal wees as gister. Ons hoop die ekonomie verbeter. Dis wense. Dis maar redelik onseker of ons wense vervul sal word.

Wanneer Christene egter sê dat hulle hoop, is dit nie ’n onseker saak nie. Waarom? Omdat dit nie in die onsekerheid van ons wisselende omstandighede geanker is nie, maar in die opstanding van Christus. Dit is die waarborg dat ons ’n toekoms saam met God het. Petrus sê daarom dat ons ’n vaste erfporsie in die hemel het. Al wissel ons omstandighede, is hierdie erfporsie nie iets wat kan vergaan nie (4). Ons het nie net ’n erfporsie nie. Ook ons word deur die krag van God bewaar, al ly ons en kry ons swaar (5,6). Wat God dus deur die opstanding van Christus bewerk het, staan vas. Niks kan dit van ons wegneem nie.

Ons sê graag vir mekaar: waar daar lewe is, is daar hoop. Dis nie heeltemal waar nie. Ons moet eerder sê: waar daar hoop is, is daar lewe! Jy het ʼn toekoms wat gewaarborg is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!