BYBELSE WYSHEID
DR. Annes Nel
Prediker 5:1: Moenie te gou praat nie, moenie oorhaastig ’n belofte aan God maak nie, want Hy is in die hemel en jy op die aarde. Laat jou woorde daarom min wees.
Wat ’n vriend het ons in Jesus! Dit is ’n pragtige lied. Christene weet dat Jesus Christus se liggaam gebreek is sodat ons vrye toegang tot die Vader kon hê. Hy is nie die vreesaanjaende nie, maar die barmhartige God (Heb 10:19-25). Ons praat met Hom met vrymoedigheid.
Tog bring die digter ’n belangrike perspektief. Bekendheid kweek minagting. Dit beteken dat wanneer ons iemand goed ken, ons kan ophou om hom of haar te respekteer omdat ons bewus word van sy of haar slegte eienskappe. Dit is duidelik dat God nie slegte eienskappe het nie, maar wanneer ons Hom as ’n vriend beskou, kan ons maklik vergeet wie Hy is. Hy is in die hemel en ons is op aarde. Die digter waarsku dat ons versigtig moet wees wanneer ons praat. Dit is beter om na God te luister en nie te praat nie (4:17).
Ons belowe soms in God se teenwoordigheid en verbreek die beloftes na willekeur, asof God nie bestaan nie. Net soos ’n mens oor dinge droom as jy baie daaroor praat, kan ’n mens allerhande dwase beloftes voor God maak wat jy nie kan nakom nie (5:2,6). Op ’n stadium sal God ons to verantwoording roep.
Here, help my om opreg te wees wanneer ek met U praat, in die Naam van Jesus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie