Bybelse wysheid
DR. ANNES NELEksodus 20:8: “Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou.”
Sondae was moeilik toe ek ’n kind was. Na kerk en ’n groot maaltyd moes ons die skottelgoed was en die ou mense het gaan rus. As daar ’n geluid uit die kombuis kom, dan was daar moeilikheid. Ons kon nie by maats gaan speel nie, want dit sou die rus van die ander ou mense versteur. Flieks was sonde op ’n Sondag. My ma het nooit op Sondag gebrei, gehekel of naaldwerk gedoen nie, omdat die brei- of hekelpen of die naald in die Here se oog sou steek. Sondae was genoeg om mense depressief te maak. My swaer sê dat hy nou nog sukkel om sy Sondag “depro” te begrawe.
Dan was daar Maandag tot Saterdag. . . Dan kon ons doen wat ons wou. Die heilige dinge word Sondag gedoen en die onheilige dinge tot Saterdagaand een minuut voor twaalf. Dan het al die danse en partytjies geëindig.
So moet dit natuurlik nie wees nie. Hierdie gebod gaan daaroor dat ons tyd vir die Here maak. Dit beïnvloed ons lewe van elke dag.
Coenie Burger skryf treffend: “As ons nie daaraan aandag gee nie, as ons nie spesifiek daarvoor tyd maak nie, kan ons nouliks verwag dat ons verhouding met die Here reg sal wees. Die vierde gebod wil ons aanmoedig om gereeld stil te word – in onsself, saam met die gemeente, en voor die Here.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie