Charlotte
Charlotte

Charlotte sê maar net

Bouvallig...
Mandy Rittmann
Daardie verlate murasie.....eens ‘n gesellige huisie met vrolike wapperende gordyne in die lente bries; draadloosmusiek op die vensterbank en sonstrale wat warm lek oor die kombuistafel.

Nou vervalle. Vensters is gebroke blinde ooë. Die houtdeur gof van wind en weer met net een geroeste skarnier wat verbete vasklou. Die geut is ‘n kankergorrel, geen reën hardloop daardeur. Die rioolpyp mis die stank van eens wyngatte diaree.

Op ‘n winderige nag speel ongeskrewe stories af; die gehoor honger motte sonder kerse en skarrelende rotte. Die wind soos ‘n afgetrede ballerina... troosteloos, morbied, lomp.

Die is die prentjies wat toendertyd reeds in my kop geteken was as my ouma sê sy voel ‘BOUVALLIG”.

Dan was die ou lady stil en somber; maklik vir twee dae net gelê teen hoë kussings in haar donker kamer onder die walm van “deurmekaar medisyne” (alle Hollandse medisyne gemeng in haar erdebeker). Eintlik het sy haar in ‘n koma gesit. Haar desperate geveg teen haar bouvalligheid en draai-maag (angstigheid). Haar rosekrans futiel. Tyd het gestol.

En soos ek opgegroot het, het hierdie plat benaming sin gemaak. DEPRESSIE. Die donker draak wat jou siel brutaal ruk en verskeur, onverpoosd. Wat jou laat val in ‘n eindlose put.

Soos om in ‘n nagmerrie te val en val in ‘n kolossale gat buite hierdie dimensie.

So jammer dat soveel mense steeds skuil uit skaamte anders as om hul geestessiekte te erken, vierkantig in die oë kyk en daadwerklik met hand en tand beveg.

Ja, net jy kan dit kniehalter want net jy ken die gevoel. Dis ‘n solo-sielsoorlog!

Neem jou medikasie, kry ‘n stokperdjie, sluit aan by ‘n supportgroep al is dit aanlyn/anoniem, as jy sku voel oor jou toestand.

Doen navorsing oor die brein en hormone se werking. Ek glo sterk as jy die liggaam se anatomie ten volle begryp, kan jy in beheer raak van jou welstand, liggaamlik en emosioneel.

Jou huisdokter en sielkundige lewer ‘n diens; dis jou liggaam waarin jy lewe. Raak betrokke. Word lief vir die unieke EKKE wat jy is. Eers dan kan jy hierdie ongebalanseerde toestand hokslaan.

Ek gee vandag my ou girl ‘n “High 5”! want sonder sielkundiges het sy geweet sy moet die swart hond terugbaklei. Na haar twee dae van isolasie was sy onmiddellik buite met n bont rok. Sy het geglo aan flambojante kleure , dit bring son in jou hart. Sy het gesê “die swarigeit moet stop! My siel soek die vlak en son; die reuk van vrugbare grond; om te praat met die hoenders en hond en weer lag soos ‘n kind“.

Sy was reg: Al hierdie natuurterapie is sielkundig bewys om depressie te beveg. Eet organies , stap af in die straat en groet vreemdelinge met n opregte glimlag. Vul jou kop met mooi gedagtes en goeie planne vorentoe.

Doen net horde dinge wat jou positiewe kliere prikkel.

Statistieke het bewys dat 3 uit 5 kunstenaars 'n neiging tot depressie het. Ek vind dit normaal want jou brein is op 'n heel ander frekwensie. Natuurlik gaan jy elders ontspoor, want jou denke is anders, soveel dieper met n afskakelaar wat dan en wan buite werking is.

Ek salueer vandag al my mal maters (dis hoe die kamma-normales ons kenmerk) – die uitverworpenes/halfsin/be-dinges. Ja, depressielyers het n string name en nog 'n langer string hansworse wat kekkellag.

Hoe dom en dwaas.

My minse, depressie is so "real" soos kanker en HIV. Klim uit die kas van ontkenning; skeer jou goue mantel van voorgee en hopelose bravade. Brand uit die skoentjies van arrogansie!

Eers dan kan jy skouers oplig en die pad met jou swart hondjie aandurf met deursettingsvermoë.

Dis nie 'n een dag roetine... dis lewenslank. Maar dis vir jou. Want daar's net een jy, flaters en al. Daar's 'n ingebore lantern binne jou en die olie in jou hande.

Omhels jou ruwe “realness” met n reënboog en laat jou lig verblindend skyn in die oë van die spotters.

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...