No Image Caption

Dalk laaste spyker in kis

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

Die Rehoboth Baster Gemeente het hulle nog altyd vasgeteken met ooreenkomste met ander magte, en hulle doel om erken te word as ’n tradisionele owerheid deur die Namibiese regering, soos hulle onlangs gevra het vir minister Shidaitwa met haar besoek aan Rehoboth, is ’n groot bekommernis.

Eerstens het hulle hulle vasgeteken met die Verdrag van Vriendskap en Beskerming met die Duitsers in 1884, toe hulle een derde van hul grond aan die kus aan die Duitsers verloor het en toe hulle deur die Duitsers in 1915 aangeval is.

Tweedens het hulle regte verloor met die ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse regering in 1923, toe ’n blanke aangestel is as kaptein en ook as magistraat met ’n adviserende raad tot 1976.

Derdens het hulle hulle vasgeteken in 1976 met Wet 56 toe hulle gemeenskap grond oorgedra het op die naam van die Rehoboth regering wat ’n tweede vlak owerheid was en dus deel was van die Suidwes-Afrikaanse regering. ’n Voorvereiste om ’n Namibiese tradisionele owerheid te word, is dat jy ten minste 4 500 hektaar grond op jou naam moet hê, wat die Basters nie het nie.

Sowat 4 800 hektaar grond wat voor 1990 op die Baster Gemeente se naam was en toe daarna op die Namibiese regering se naam oorgedra is, is rondom 2009 deur minister Jerry Ekandjo aangebied aan die Basters met die aansoek van kaptein John McNab om die Rehoboth Baster Gemeente ’n tradisionele owerheid in die Namibiese konteks te maak, maar kaptein McNab het dit van die hand gewys.

Die Wet op Tradisionele Owerhede van 2000 gee tradisionele owerhede beperkte magte, soos om te deel met sosiale dinge soos dwelmmisbruik en die Basters het meer regte gehad tot 1976 en dit was een rede hoekom kaptein McNab dit van die hand gewys het.

So, ons weet nie of as die Rehoboth Baster Gemeente ’n tradisionele owerheid word in die Namibiese konteks dit die laaste spyker in hulle kis gaan wees nie.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!