Dank en hulde aan die polisie
WERNER LOUW SKRYF:
Maandag 8 Augustus 2022 se voorbladberig, "Rower by familiebraai doodgeskiet", verwys.
Ek wil graag namens die families hulde bring aan die Namibiese polisie.
Sersant Simon T.W. Namupala was eerste op die grusame toneel. Hy het ander lede van die mag in kennis gestel wat op hulle beurt gou aangekom het.
Ons ken nie almal se name wat betrokke was nie, maar van die mees senior lede, byvoorbeeld kommissaris Ismael Basson, streekskommissaris, en die stasiebevelvoerder van Klein-Windhoek, om net ’n paar uit te sonder, was teenwoordig.
Baie professioneel het elke eenheid op sy taak gefokus. Dankie vir elke lid van die polisie wat daar ’n diens verrig het.
Ek twyfel nie dat julle die voortvlugtende ook sal arresteer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie