No Image Caption

Dankbetuiging: Onlangse veldbrande

GROOT TSUMIS BOEREVERENIGINGSBESTUUR SKRYF:

Langs hierdie weg, dra ons as die Groot Tsumis en Rehoboth Boereverenigings en Rehoboth Livestock Crime Prevention Organisation (RLCO) graag hierdie dankbetuiging in diepe ootmoed en waardering op aan ons Hemelse Vader vir Sy genade onbeskryflik groot, gedurende die onlangse verpletterende en verwoestende brande in die Tsumis-, Bahnhof- en Rehoboth-omgewing, wat plaasgevind het vanaf Woensdag,14 September 2022 tot Maandag 17 September 2022.

Die voorsienigheid en beskerming van die Allerhoogste het mens en dier omvou, en daarvoor is ons as boere oneindig dankbaar.

Ons betuig verder in besonders ons dank aan ons nasionale, streeks- en plaaslike leiers vir hulle toetrede en bystand tydens hierdie ramptoestand. Dit sluit ook ons privaatsektor, weermag, polisie en personeel van verskeie staatsdepartemente en direktorate in wie hulp verleen het.

Ons is ook oorweldig deur die onbaatsugtige bystand in die vorm van persone wat die vuur aangedurf het met brandslaners, watertenke, vuurbestryders asook ruimhartige bydraes in die vorm van finansies, brandstof, water en verversings. Hierdie bydraes het onomwonde ons pogings versterk tydens hierdie brandbestrydingsaksie.

Medeboere, plaaswerkers, korporatiewe instellings, besighede en die gemeenskappe van Rehoboth, Kalkrand, Mariental, Windhoek en ander weldoeners se onvoorwaardelike bydraes in bogenoemde formaat word hoog waardeer.

Sameroepers, koördineerders en rapporteurs op ons verskillende sosiale media platforms, sowel as die media se bydraes was integraal in hierdie poging. U bewusmaking en oproepe vir bystand en ondersteuning het ons pogings gerugsteun en dit word erken en waardeer.

Tydens hierdie voorval was ons ook besonders aangewese op die leiding en voorskrifte van die hoofde en personeel van die brandbestrydingseenhede van beide die Khomas- en Hardapstreke, en wil ons graag erkenning gee aan hulle wie hierdie onbaatsugtige rolle vertolk.

Die Rehoboth St. Mary’s Hospitaal en verpleegpersoneel, asook al die ambulansdienste en noodhulpondersteuningsdienste van Rehoboth, Windhoek en Mariental het verseker dat die nodige mediese bystand verleen word aan al diegene wat mediese hulp benodig het. Hierdie onselfsugtige diens word vir seker baie waardeer.

Ons gebede gaan ook uit aan ons geliefde burgermeester, agbare mnr. Enrico Junius, mnr. Quinton Diergaardt en al die ander brandslagoffers en hul families. Mag die Here Sy hand van genesing oor u uitstrek en u volkome en spoedig herstel.

Medeboere, hierdie ontydige en verwoestende gebeurtenis het ons saamgebring met een gemeenskaplike doel. Ons het saamgespan sonder enige voorbehoud en verwagting. Ons het as ’n eenheid saamgetrek om ons erfenis te beskerm en as rentmeesters die land wat aan ons toevertrou is, te bewaar. Mag ons hiervandaan as ’n kollektief, mekaar verder ondersteun op die pad vorentoe, wanneer ons gaan herbou en herstel vir die voordeel van ons land en haar mense.

Die Groot Tsumis Boerevereniging wil u ook net in kennis stel dat ons ’n projek van stapel gestuur het om die boere wat skade gelei het te ondersteun. Ons doen dus ’n beroep op enige persoon of instansie wat betrokke wil raak in hierdie verband, of indien u enige verdere navrae het, om met enige bestuurslid of met die volgende persone in verbinding te tree: die voorsitter, mnr. Heini Isaacs, 081 561 5512 of 081 129 5950, of mnr. Gerhard Enssle, 081 241 6934.

Ons wil ook graag net die publiek bewus maak van die feit dat die gras baie droog is en dus uiters vlambaar is. Ons rig daarom ’n versoek aan een en almal om uiters versigtig en omsigtig te wees, om sodoende verdere brande te voorkom.

Ten slotte bedank ons een en almal vir u bystand. Mag die Here se seën oor elkeen van u rus en mag Hy u elkeen verryk vir die weldade gedoen aan ons as boere van die Rehoboth, Bahnhof en breë gemeenskap.

Mag die Here ons daartoe help.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!