Dans van die Wind
VERNON CLOETE SKRYF:
As ons nou praat van die Wind, dan praat ons nou nie spesifiek van die winde wat ons ken nie.
Daar is oneindigende buie van die suidwestewind wat Walvisbaaiers en Swakopmunders moet verdra. Ook die ooswind, oosweer is daar met haar nukke en buie, hardkoppigheid en moedig.
Sy wat haar choas en hittegolwe kom los. Ek praat nie van die winde nie, maar eerder van die Wind, metafories gesproke, die wat die winde laat dans, weer laat herleef, soos ’n wiskundige eliksir met perfekte tyd. Die Wind wat dans sodat al die ander Winde dans, dis hoe Sy, die Wind dans. Soos sy tussen die danse van die ander winde kom en dan alles regeer, Sy, die Wind wat dans. Daar is dieper soeke na antwoorde van die se Wind, oueroue Wind. Eerste mense se land waar die Wind haar algoritme ge-elevate gesubside of ek kennie, maar die Wind het changes gemaak.
So het die eerste mense in Namibië 20 000 jaar gelede ook die Wind gekom vertroetel, warmer gemaak en miskien ook dan dus sekerlik die ander danse van die mense se choreografie heel moontlik weer verander.
Die mense dans hul dans in die Land, die Wind dans haar dans, maar ons praat tog ook van die mense wat Amapiano dans, die wat vastrap stof proe, die wat sakkie-sakkie in ’n beeskraal, die wat langarm, as die son se stof oranje op Rehoboth se vlaktes groet, in die namiddag ondergaan, dans Sy haar dans, die Wind.
Die Wind van die land was orals, sy was die houer van seker rituele van die mense, bloeddorstige stories van moorddadige mense. Toe moes Sy weer nuwe dimensie in haar dans aanskou. Haar choreografie is van orals, van hier en van daar, sy’s mos die Wind sy’s mos die Wind van die Namib. Haar knope is gestel deur die wat haar hier ontmoet en saam met haar geloop en geleer het, van die se Namib. Sy sal dans, heel vrolik.
Sy omhels die Natuur Self soos sy dans, kry sy haar weer, vol van Haar dans, dans die Wind, Sy dans die hede verlede, vergete, vermoordes se stories en almal, ook die wat vergete geraak het in die esoteriese miskonsepsie van wat was en is. Man Sy dans, die ganse Namib deur. Sy dans hoeka van versoening, heling, Godsprysend. Ook tog maar is Sy maar geskape om te dans, want Sy, die Wind is ook gemaak uit warm liefde, nuwe hoop, ’n blink nuwe môre.
Tog ook is Sy, haar hiërogliewe en ritme, ook die van animatiese bombasme weens miskonsepsie, bloeddorstigheid wat Sy aanskou het, argiewe geestelikheid wat deur haar ge-abba raak. Daai goed sulke topics is dan !!abu vandag! Dans dans Sy. . . Wie weet, miskien eendag sal ons haar dans verstaan en baie mooi elementêre her-roepings in ons land verwelkom wat jare al in die as begrawe is.
Ons sal maar sien, en ons sal maar moet hoor. Ons sal maar moet vir God nader, want Haar dans is nog ver van ons begrip, plus meeste van ons het alreeds twee linkervoete ...pfff.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie