DBV Swakopmund
ANONIEM SKRYF:
Gedurende September is ’n hondjie van die straat gered en na die DBV in Swakopmund geneem (om die eienaar kans te gee om hom terug te eis). Die hond was erg verhonger en verwaarloos en boonop verskrik en menssku. Die DBV het ’n plasing op hul sosialemediaplatform gemaak, maar die hond is nie opgeëis nie. Vanaf die dag wat die hond na die DBV geneem is, het ons aanneming aangebied. Ek het gereeld opgevolg (eers per telefoon, en toe in persoon). Na ongeveer ses weke is ons na die DBV om uit te vind hoekom die proses so sloer. Ons is meegedeel die hondjie het bosluiskoors en ontvang “pille”. Wéér verstryk daar weke en weer is ons na die DBV waar ons meegedeel is die hond het dit nie gemaak nie. Waarskynlik het hy koors in die hondehok opgedoen, want hy was nie siek toe hy gered is nie, maar dit eers daargelaat. Die manier hoe ons behandel is, laat noodwendig die vraag ontstaan hoe groot die nood werklik is vir aanneemouers, want hoe sê jy aan gewillige, besorgde mense, “I did not owe you a phone call to inform you of the dog’s death”? En boonop wonder ek, is dit net jou houding teenoor mense?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie